Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 2/1 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah openbaar “wat binnekort moet plaasvind”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Openbaring – Wat dit vir God se vyande beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Die teregstelling van Babilon die Grote
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Vrede, veiligheid en die ‘beeld van die dier’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 2/1 bl. 30-31

VRAE van LESERS

• Die Wagtoring van 15 Februarie 1980 verwys na die Verenigde Volke as “die agtste wêreldmoondheid”. Is die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid, die Sewende Wêreldmoondheid, nie die laaste wêreldmoondheid nie?

Die Verenigde Volke, as die opvolger van die ou Volkebond, is ’n “wêreldmoondheid” daar sy ledenasies, invloed en organisasie wêreldwyd strek.

Die Anglo-Amerikaanse-kombinasie bestaan nietemin voort in sy magtige, dominerende posisie as die Sewende Wêreldmoondheid. Selfs die Sowjet-Unie het hom nie verbygesteek omdat dié groter militêre, politieke en kommersiële mag verkry het nie. Die Bybel toon dat daar in hierdie sin slegs sewe wêreldmoondhede sal wees om ooreen te kom met die sewe koppe van die dier (Openb. 13:1). Daar is wedywer en mededinging tussen die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid as die “koning van die Suide” en die sosialistiese “koning van die Noorde”, maar daar is geen aanduiding in die Skrif dat laasgenoemde eersgenoemde as ’n agtste wêreldmoondheid sal vervang voordat hulle albei aan hul einde kom nie.—Dan. 11:40-45.

Op ’n paar uitsonderings na het die ander nasies van die wêreld met albei “supermoondhede” saamgewerk om die Verenigde Volke-Organisasie tot stand te bring en aan die lewe te hou. Dit is ter vervulling van profesie aangesien daar gesê word dat die skarlakenrooi dier, wat die Verenigde Volke-Organisasie voorstel, “self ook die agtste [is], en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf” (Openb. 17:9-11). Hierdie dier het ook sewe koppe wat ooreenkom met die sewe wêreldmoondhede wat gedurende vervloë eeue en reg tot die hede op die wêreldtoneel was en is. Maar die hele skarlakenrooi dier, koppe inkluis, is soos ’n ‘agtste koning’ daar die Verenigde Volke ’n werktuig is wat deur die ledenasies gebruik word in ’n poging om ’n kollektiewe wil op die nasies as geheel af te dwing terwyl hulle hulle onderskeie soewereiniteite behou.

Die Verenigde Volke het op sigself nie veel mag nie, en dit het nie eens ’n leër nie, behalwe waar die lede spesifieke voorsiening hiervoor maak. Dit het in werklikheid sy bestaan en mag te danke aan die nasies wat daaraan behoort. Dit is veral waar van die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid wat die inisiatief geneem het om eers die Volkebond en toe die Verenigde Volke in aansyn te bring (Openb. 13:11-15). Die Skrif toon dat hierdie “agtste” wêreldmoondheid, met die vernaamste heersende elemente wat die leiding neem as die “tien horings” van die dier, “Babilon die Grote”, die wêreldryk van valse godsdiens, sal aanval en vernietig voordat dit self saam met al die nasies waaraan dit sy bestaan te danke het na die verderf gaan.—Openb. 17:12-18.

• Wanneer vind “die openbaarmaking van die kinders van God”, wat in Romeine 8:19 gemeld word, plaas, en wat is die doel daarvan?

Wanneer Paulus, met verwysing na homself en ander gesalfde “kinders van God”, melding maak van “die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word”, praat hy klaarblyklik van die heerlikheid wat hulle sal ontvang wanneer hulle tot hemelse lewe opgewek word (Rom. 8:18). Dit is egter eers wanneer hierdie verheerlikte “kinders van God” begin om hulle pligte ten behoewe van mense op aarde na te kom dat hierdie aardse onderdane van die koninkryk begin om die “openbaarmaking van die kinders van God” te ondervind.

Paulus sê dat “die skepping . . . met reikhalsende verlange” wag “op die openbaarmaking van die kinders van God”. Manne van geloof dwarsdeur die eeue het dus met verlange uitgesien na die tyd van hulle “openbaarmaking”, want hulle het geweet watter verligting sal volg. By Armageddon sal daar “verligting” wees met “die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele” om “aan die wat julle [aanbidders van God] verdruk, verdrukking te vergelde”. Dit sal vernietiging vir hierdie vervolgers en teenstanders beteken (2 Thess. 1:6-10). Openbaring 2:26, 27 toon dat verrese gesalfdes, as deel van die “saad” van God se hemelse gemalin-organisasie, saam met Christus Jesus sal deelneem aan die vernietiging van die goddelose (Gen. 3:15; Gal. 3:16, 29; Openb. 16:14, 16; 19:11-21). Daarna sal die Duiwel en sy demone in die afgrond gewerp word (Openb. 20:1-3). Met gees- sowel as menseteenstanders uit die weg sal daar onmeetlike verligting van verdrukking, versoeking en misleidende propaganda wees. Dit is dan dat die langverwagte openbaring van die kinders van God volbring sal wees, en die “groot menigte” menslike oorlewendes van die “groot verdrukking” sal hulle oor hierdie openbaring verheug.

Paulus toon dat dit meer behels as die uitwissing van verdrukkers. Waar hy oor die “openbaarmaking van die kinders van God” gepraat het, het hy gesê dat “die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God” (Rom. 8:21). Dit is wanneer die Here Jesus Christus en sy gesalfde mede-erfgename in die hemele begin om die voordele van die losprysoffer gedurende die duisendjarige bewind aan te wend dat die menslike onderdane van die koninkryk sal begin om die verlossing van die gevolge van sonde en dood te ondervind. Teen die einde van daardie duisendjarige bewind sal Jesus en sy mede-konings en -priesters al die gehoorsame aardse onderdane gehelp het om volmaaktheid te verkry. Diegene wat getrou aan God bly gedurende die toets deur die ontbonde Duiwel en sy demone se name sal dan opgeskryf wees in “die boek van die lewe” (Openb. 20:12-15). Hulle sal dan “die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God” ten volle geniet (Rom. 8:19-22). Dan sal die heerlike doel van “die openbaarmaking van die kinders van God” verwesenlik wees.

• Waarom het God se kneg Simson na ’n hoer se plek in die Filistynse stad Gasa gegaan?

Die verslag oor Simson en die prostituut in die Filistynse stad Gasa lui: “Simson het na Gasa gegaan en daar ’n hoer gesien en by haar ingegaan” (Rigt. 16:1). Niks in hierdie verslag gee te kenne dat Simson na Gasa gegaan het met die doel om ’n hoer te sien nie. Maar terwyl hy in die stad was, het hy ’n vrou van haar klas herken, en aangesien hy in vyandelike Filistynse gebied was, was haar huis die enigste plek waar hy slaapplek kon kry. Dat sy doel bloot was om slaapplek te kry, blyk uit wat ons daarna lees: “Simson het gelê tot middernag; maar teen middernag het hy opgestaan” (Rigt. 16:3). Let daarop dat die verslag nie sê dat hy tot middernag by haar gelê het nie.

Maar die Filistyne het waarskynlik die gevolgtrekking gemaak dat Simson die hoer vir haar dienste gehuur het. Indien dit hulle gevolgtrekking was, sou hulle redelik seker daarvan gewees het om hom in die oggend te vang. Ook dit kon Simson se doel gedien het om teen hulle op te tree deur Gasa se hekke uit te ruk en die stad weerloos te laat.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel