Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 2/1 bl. 32
  • Gebede en pogings word beloon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebede en pogings word beloon
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 2/1 bl. 32

Gebede en pogings word beloon

DIE Christenapostel Paulus het sy medegelowiges aangespoor om te “volhard in die gebed” (Rom. 12:12). En met goeie rede, want Paulus het geweet dat sulke gebed help. God verhoor behoorlike gebede wat in ooreenstemming met die goddelike wil is. Vurige gebed moet natuurlik dikwels met groot inspanning gepaard gaan. Ter toeligting:

ln die reuse-piesangplantasies in Ecuador was daar ’n groepie van omtrent 10 verkondigers van God se koninkryk. Hulle moes ure lank loop om by Christelike vergaderinge te kom, en die gebied waar hulle moet preek, is so groot dat dit twee tot drie uur duur om te voet by hulle bure te kom. Maar hierdie getuies van Jehovah is beloon vir hulle pogings om die “goeie nuus” te verkondig of bekend te maak.—Jes. 52:7, NW.

Een Getuie in die gebied—’n 60-jarige man het gebid dat Jehovah God hom moet seën deur hom te help om ’n Bybelstudie met ’n belangstellende te kry en te hou. Hy het eerlank ’n studie gehad. Maar hierdie Koninkryksverkondiger het steeds gebid dat God hom verder moet seën sodat al sy geloop in daardie afgesonderde gebied die moeite werd moet wees. Die gevolg? Dit was nie lank nie of hy het vier verskillende Bybelstudies gehou saam met persone wat belangstelling in die “goeie nuus” getoon het!

Die pogings van die 10 Koninkryksverkondigers in die groep is ook geseën. Dit het geblyk uit die feit dat hulle daarin geslaag het om 80 persone byeen te bring vir die openbare Bybeltoespraak tydens ’n besoek van ’n reisende opsiener. Party van die aanwesiges het ure lank geloop om teenwoordig te wees.

Of hulle nou in afgesonderde gebiede is of nie, dit is vir Jehovah se Getuies ’n genot om die “goeie nuus van die gelukkige God” aan ander te verkondig (1 Tim. 1:11, NW). Hulle opregte gebede en pogings op hierdie gebied word herhaaldelik beloon. Bespreek gerus die Bybel met die Getuies wanner hulle volgende keer by jou aanklop. Dit kan vir jou geestelik baie lonend wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel