Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 2/1 bl. 29
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Lief om koning te wees
  • Dra godsdiens die skuld?
    Ontwaak!—2011
  • Wie was Johannes die Doper?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Johannes wil van Jesus hoor
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 2/1 bl. 29

INSIG IN DIE NUUS

Baptiste “verslaaf aan oorlog”?

• Verlede Julie het ’n Baptiste-leier wat die Etiekkommissie van die Baptiste-Wêreldkongres in Toronto, Kanada, toegespreek het, die aantyging gemaak: “Ons in die Baptiste-tradisie is verslaaf aan oorlog.” Delmar Smyth, professor in administrasie aan Toronto se York-Universiteit, het ’n beroep op Baptiste dwarsoor die wêreld gedoen om ’n vredeskruistog te voer. “Ons moet kies tussen nie-geweld of nie-bestaan”, het hy gesê toe hy Baptiste aangespoor het om “die onthoudingsbelofte af te lê” wat oorlog betref.

Volgens Toronto se “Star” het Smyth daarop gewys dat “die gedagte van ‘’n regverdige oorlog’ eers deur die Christelike godsdiens aanvaar is nadat dit in die vierde eeu n.C. ’n staatsgodsdiens geword het”. Die Baptiste-leier het daarbenewens gesê dat Jesus se vroeë dissipels “geglo het dat hy nie-geweld geleer en beoefen het . . . Vroeë Christen-skrywers het oorlog veroordeel. Hulle het die neem van lewe tydens oorlog as moord bestempel.” Hedendaagse geskiedkundiges het ook van hierdie standpunt van vroeë Christene melding gemaak. ’n Mens wonder nou: Gaan Baptiste gehoor gee aan die oproep om vrede? Wat sal hulle doen indien daar nog ’n oorlog uitbreek?

Lief om koning te wees

• Volgens ’n berig van Associated Press het pous, Johannes Paulus ll tydens sy besoek aan Brasilië klaarblyklik steeds krag geput uit die groot skares wat saamgestroom het om hom te sien en aaneen uitgeroep het: ‘Koning, koning, koning.’ Johannes Paulus is ons koning.’” Maar toe Jesus Christus, wie se stedehouer Johannes Paulus na bewering is, met ’n soortgelyke situasie te kampe gehad het, het hy heeltemal anders gereageer. Toe hulle die wonderwerke gesien het wat Jesus verrig het, het die skares begin om hom te bewonder en gesê: “Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.” En Jesus kon sien dat dit die skare se plan was om “Hom koning te maak”. Maar in plaas daarvan om soos politici ‘krag te put’ uit sulke verering, sê die Bybel: “Hy [het] weer weggegaan na die berg, Hy alleen.”—Joh. 6:14, 15.

Waar die apostel Paulus getoon het dat geen man die rol van ’n koning in die ware Christelike kerk kon vertolk nie, het hy ’n sterk teenstelling getref tussen diegene wat dit sou probeer doen en ware apostels: “Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers! Want dit lyk vir my dat God ons apostels [Petrus inkluis] die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel . . . Julle is in aansien, maar ons in oneer. Tot op hierdie uur . . . swoeg ons deur met ons eie hande te werk . . . soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.” Meen jy dat die gesindheid van diegene wat beweer dat hulle die apostels se opvolgers is, voldoen aan die Skriftuurlike beskrywing van die apostels van Christus?—1 Kor. 4:8-13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel