Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 1/15 bl. 11-12
  • Wat verskaf ware gemoedsrus?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat verskaf ware gemoedsrus?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “’n Onuitputlike rykdom”
  • Gekoesterde “intiemheid met Jehovah”
  • Hoe jy goddelike vrede in groter mate kan geniet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Goddelike vrede vir die wat deur Jehovah geleer word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Vrede — Hoe kan jy dit vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 1/15 bl. 11-12

Wat verskaf ware gemoedsrus?

GEMOEDSRUS. Wie kan dit in vandag se onstuimige wêreld vind? Terroriste stel dikwels hul medemens se lewe in gevaar. Vlugtelinge moet van een land na ’n ander vlug. Kernwapens is volop en hang soos die swaard van Damokles bokant die hele mensdom. Inflasie verorber geld wat vergaar is, en dikwels geld wat mense hulle lewe lank gespaar het. Voeg hierby baie se “stryd” met gesondheidsprobleme, die droefheid wat voortspruit uit die dood van ’n dierbare—en die magdom probleme wat mense oral het—en ons moet erken dat ware gemoedsrus voorwaar ’n skaars artikel in die hedendaagse samelewing is.

Waarheen wend baie hulle vir veiligheid en die gemoedsrus wat hulle graag wil hê? Dikwels na die besit van geld en baie materiële dinge. Maar verskaf dit ware gemoedsrus?

Dit lyk miskien so. Maar die waarde van materiële dinge sal stilweg—amper onmerkbaar—met verloop van jare afneem. ’n Ryk man kan byvoorbeeld talle duur kledingstukke hê. Maar hoe onverstandig om te veel waarde aan ’n mens se klere te heg! ’n Viervlerkige insek—veral in sy larwestadium—kan groot verwoesting aanrig onder die klere waarvoor iemand lief is. Ja, die mot kan ’n bedreiging wees en kan ’n persoon, ten minste tot ’n mate, van sy gevoel van veiligheid en sy veronderstelde gemoedsrus beroof. Maar selfs al word klere nie deur motte gevreet nie, verslyt hulle of kan ’n dief hulle steel.

“’n Onuitputlike rykdom”

God se profeet Jesaja het getoon dat die uitslag vir sy eiesinnige teenstanders ooreen sou kom met dié van ’n verslete kledingstuk of een wat van die motte gevreet is. Maar in dieselfde verband het Jesaja gewys op die ware bron van veiligheid en gemoedsrus toe hy gesê het: “Kyk, die Here HERE help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos ’n kleed; die mot sal hulle eet” (Jes. 50:7-9). Terwyl materiële dinge slegs kortstondige waarde het, kan ’n intieme verhouding met God ’n mens onderskraag. Dit verskaf ware gemoedsrus.

Jesus Christus het sake ’n stap verder gevoer toe hy gesê het: “Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee. Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ’n beurs aan wat nie leeg raak nie, ’n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Luk. 12:32-34, NAB). Jesus het hier met sy gesalfde volgelinge gepraat wat sy mede-erfgename in die hemelse koninkryk sou word (Rom. 8:12-17). Maar die grondbeginsel is van toepassing op alle Christene. Geestelike dinge is waardevoller.

Gekoesterde “intiemheid met Jehovah”

Maar ’n persoonlike verhouding met die allerhoogste God is kosbaarder as alle ander dinge. Van hierdie “skat” het die psalmis Dawid gesê: “Die intiemheid met Jehovah behoort aan die wat hom vrees” (Ps. 25:14, NW). En hoe wonderlik is dit om om te gaan met ander wat ’n intieme verhouding met God as sy volk het! By ’n ander geleentheid het Dawid vreugdevol gesê: “Ek sal U loof in ’n groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U prys.”—Ps. 35:18.

Alhoewel dit belangrik is om met God se volk om te gaan, kan ons diens nie bloot vorm- en roetine-diens wees as ons wil hê dat dit God se goedkeuring moet wegdra nie. Trouens, ware gemoedsrus kan ontbreek indien ’n indiwidu sonder die regte beweegrede aan Christelike bedrywighede deelneem. Voordat sy haar lewe aan God toegewy het, het een jong vrou dit baie geniet om met Jehovah se Getuies te assosieer. Maar sy erken:

“. . . Die mense van hierdie nuwe geloof het my aangetrek. Hulle was gelukkige, vriendelike mense wat dit geniet het om volgens die Bybel se hoë morele standaarde te lewe. Dit was aangenaam om by hulle te wees. Ek het hulle vergaderinge bygewoon en selfs saam met hulle van huis tot huis gegaan om met ander oor die Bybel te praat.

“Maar eendag het ’n ernstige vraag by my opgekom. Moet ’n geloof ’n verhouding met ander mense wees of moet dit nie eerder ’n verhouding met God wees nie? Ek het besef dat ek besig was om ’n aktiewe lid van Jehovah se Getuies te word omdat ek dit so geniet het om by die mense te wees en ook omdat ek my skoonmoeder [’n Getuie] wou behaag, nie omdat ek God liefgehad het nie. Ek het van huis tot huis gegaan met die Bybel, maar ek het nie geweet waarom ek dit doen nie. Ek het opgehou om dit te doen.”

Met verloop van maande het die jong vrou uitgevind “wat dit beteken om ’n persoonlike verhouding met Jehovah God te hê”. Sy het Skriftuurlike hulp van ’n sekere Christin ontvang asook die liefdevolle besorgdheid van die plaaslike gemeente van Jehovah se Getuies. Die gevolg? Sy “het ’n lewende hoop in [haar] persoonlike verhouding met Jehovah gevind”. Die jong vrou is gedoop as simbool van haar toewyding aan God en het begin om Jehovah gelukkig saam met sy volk te dien.

Diegene wat ’n intieme verhouding met Jehovah het, geniet gemoedsrus en ware veiligheid. En ondanks die lewe se verskillende probleme, “dien [hulle] die HERE met blydskap” saam met hulle medegelowiges (Ps. 100:2). Maar kom ons stel verder ondersoek in en vind uit waarom ware Christene ware gemoedsrus in hierdie onstuimige wêreld geniet.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel