Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 11/1 bl. 11
  • “Goddelike Liefde”-Streekbyeenkomste vir 1980

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Goddelike Liefde”-Streekbyeenkomste vir 1980
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BYEENKOMSSTEDE
  • Die lewe behels meer
  • Beplan nou om die “Goddelike Liefde”—Streekbyeenkoms by te woon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • “Koninkrykslojaliteit”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Byeenkomste—’n tyd om bly te wees en God te loof
    Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 11/1 bl. 11

“Goddelike Liefde”-Streekbyeenkomste vir 1980

HOE min liefde is daar tog vandag in die wêreld! Selfsug, die teenoorgestelde van liefde, vier hoogty. Geen wonder dat daar oral verwarring, ongelukkigheid, wrywing en tweedrag is nie. Dit is asof mense geslagte lank deur allerhande vorms van eiebelang wind gesaai het en nou ’n storm in die vorm van onsedelikheid, lyding, misdadigheid, oorloë en die dood maai.

Jesus Christus se ware volgelinge, die Christengetuies van Jehovah, is in die wêreld maar geen deel daarvan nie. Hulle besit die kenmerk waaraan Jesus gesê het sy ware volgelinge uitgeken sou word: “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê: soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”—Joh. 13:34, 35.

Een van die beste maniere waarop ons hierdie liefde kan betoon, is deur gereeld by ons gemeentelike vergaderinge bymekaar te kom. Persone wat mekaar liefhet, wil beslis graag saam verkeer. Sulke samesyn kan nie alleen aangenaam wees nie, maar ook voordelig. Die apostel Paulus het gesê: “Ek verlang daarna om julle te sien . . . om julle te versterk. Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne.”—Rom. 1:11, 12, NAB.

Daar bestaan geen twyfel dat die “Goddelike Liefde”-Streekbyeenkomste hierdie somer indiwiduele Christene talle goeie geleenthede sal bied om met medegelowiges te assosieer en wedersyds bemoedig te word nie. Veral die program wat van die verhoog af aangebied sal word—die toesprake, die dramas, die demonstrasies en die ondervindinge—sal al die aanwesiges opbou. Ons moet ook nie van die geestelike aansporing vergeet wat ons ontvang wanneer ons na die mooi gebede luister en die Koninkryksliedere saamsing nie. Die mate waartoe elkeen geestelik opgebou gaan word, sal natuurlik grootliks afhang van sy waardering en geestelikheid.

Behoort dit nie, in die lig van die wyse waarop Jehovah God liefde aan ons bewys het, ons begeerte te wees om groter liefde vir Jehovah God te verkry en hom met ons hele hart, siel en verstand en al ons krag lief te hê nie? En behoort dit nie ons begeerte te wees om ons mede-Christene lief te hê, nie net soos onsself nie, maar selfs meer as wat ons onsself liefhet, naamlik met die selfopofferende liefde wat Jesus en sy apostels bewys het nie?

Hoe meer geestelikgesind ons is, hoe meer ons van ons geestelike behoeftes bewus is, hoe meer ons heilige dinge waardeer en besef dat ons nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van Jehovah uitgaan, des te groter pogings sal ons aanwend om een of meer van hierdie byeenkomste by te woon. Tyd, inspanning en geld sal nodig wees om aanwesig te wees, maar dit sal die moeite werd wees, ja, dubbel en dwars die moeite werd. Ons kan daarna uitsien dat Jehovah God die vensters van die hemel sal oopmaak en geestelike seëninge op ons sal laat neerreën (Mal. 3:10). Sorg dat jy daar is wanneer die program Donderdagoggend begin. Jy sal oorvloedig beloon word indien jy aanwesig is.

BYEENKOMSSTEDE

4-7 Desember: PRETORIA (Afrikaans, Engels, Grieks, Italiaans, Portugees). WINDHOEK (Hoofsaaklik Afrikaans).

11-14 Desember: KAAPSTAD (Afrikaans, Engels).

13-16 Desember: OOS-LONDEN (Afrikaans, Engels). PIETERMARITZBURG (Engels).

Die lewe behels meer

Wat is jou doel in die lewe? Baie stel hulle dit ten doel om materiële ware of goed wat hulle lewe gemakliker sal maak, aan te skaf. Maar is dit waarlik bevredigend? Dr. Hans Selye, wêreldberoemde deskundige oor die uitwerking van druk op die liggaam en verstand, het in “World Health” gesê:

“Die mens smaak beslis nie geluk of die gevoel dat hy sy opdrag op aarde uitgevoer het net deur lank aan die lewe te bly nie. Inteendeel, ’n lang lewe sonder die gevoel dat iets bereik is, is baie vermoeiend. Maar wanneer (en indien) hulle hulle lewens ontleed, kry die meeste mense die gevoel dat hulle bloot voortploeter of doelloos van die een dag na die ander gaan. Blote voortbestaan, ongeag hoe gerieflik en veilig, bied nie aan die mens die geleentheid om sy lewensbelangrike aanpassingsenergie behoorlik te gebruik nie. Gerief en veiligheid maak dit vir ons makliker om die groot dinge in die lewe te geniet, maar hulle is nie op sigself groot en aangename doelwitte nie.”

Die Bybel toon duidelik dat ’n verhouding met die Skepper en ’n lewe ooreenkomstig sy wil noodsaaklik is om waarlik gelukkig te wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel