Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 23 bl. 110-113
  • Hy het teen ’n reus opgestaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het teen ’n reus opgestaan
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • “Die stryd behoort aan Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Dawid en Goliat
    My boek met Bybelverhale
  • Dawid was nie bang nie
    Leer jou kinders
  • Dawid en Goliat
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 23 bl. 110-113

23 DAWID

Hy het teen ’n reus opgestaan

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

DAWID het na die man gekyk wat aan die ander kant van die Ela-vallei gestaan het. Die man se naam was Goliat. Hy was baie groot! Hy was amper 3 meter lank en baie sterk. Sy wapendraer moes seker baie klein gelyk het langs hom. Baie mense was bang vir hierdie reus. Maar toe Dawid na Goliat gekyk het, was hy nie bang nie, want daar was iets wat hom moed gegee het.

Dawid is deur die profeet Samuel gesalf, en hy het gesê dat Dawid Israel se volgende koning sou wees. Van toe af het Jehovah se gees hom op wonderlike maniere gelei. Alhoewel Dawid nog te jonk was om by die leërmag aan te sluit, was hy bekend as “’n dapper, magtige vegter”. Eendag het Dawid se pa, Isai, hom gevra om na die slagveld te gaan om te kyk hoe dit met sy broers gaan wat in Israel se leërmag geveg het. Dawid was heel moontlik nog ’n tiener.

Toe hy by die Ela-vallei aangekom het, het Dawid gesien dat die twee leërmagte, die Israeliete en die Filistyne, al weke lank ’n dooie punt bereik het. Dawid het gesien dat die Israelitiese leërmag aan die een kant van die vallei was en dat die Filistynse leërmag aan die ander kant van die vallei was. Toe het Goliat uitgekom en die Israeliete hardop beledig. Dawid kon sy ore nie glo nie – hierdie heidense vegter het, in werklikheid, Jehovah God beledig! Dawid het die soldate begin uitvra oor Goliat en oor wat koning Saul dalk vir die man sou gee wat hierdie Filistyn sou doodmaak. Dawid se ouer broer Eliab het lelik met hom gepraat en sy motiewe bevraagteken. Maar Dawid het aangehou om die soldate aan te moedig.

Party het vir koning Saul vertel wat Dawid gesê het, en toe het hy hom laat roep. Dawid het die koning probeer aanmoedig deur te sê: “Niemand hoef moed te verloor as gevolg van [Goliat] nie.” Hy het gesê dat hy self “teen hom [sou] gaan veg”. Saul wou eers nie hê dat Dawid moes gaan nie, want hy was seker dat Dawid doodgemaak sou word. Maar Dawid het vir die koning gesê dat Jehovah hom alreeds gehelp het om wonderlike dinge te doen, soos om ’n leeu en ’n beer dood te maak wat sy pa se kudde aangeval het. Saul het uiteindelik ingegee, en het sy eie wapenrusting en swaard vir Dawid gegee. Dawid was nie gewoond aan sulke wapenrusting nie, en daarom het hy alles afgehaal en eerder sy eie wapens gekies – sy herderstaf en sy slinger.

Terwyl Dawid in die vallei na Goliat toe geloop het, het hy by die rivierbedding gestop en vyf gladde klippe opgetel. Toe het hy nader aan sy groot vyand op die slagveld gekom. Toe Goliat vir Dawid sien, het hy die jong seun uitgelag omdat hy na hom toe gekom het “met stokke”, wat moontlik na sy herderstaf verwys het. Goliat het dalk nie die slinger gesien nie, wat bekend was as ’n kragtige wapen in die regte hande. Die Filistyn “het Dawid in die naam van sy gode vervloek”, en het belowe om sy dooie liggaam vir die voëls en die diere te voer.

Toe Dawid ’n jong man was, het hy teen ’n reus geveg wat Jehovah beledig het

Dawid het geantwoord: “Jy kom na my toe met ’n swaard, ’n spies en ’n werpspies, maar ek kom na jou toe in die naam van Jehovah van die leërmagte, die God van die leërmag van Israel, wat jy uitgedaag het.” Dawid het dus gewys hoekom hy so moedig was. Hy het nie homself met Goliat vergelyk nie. Hy het Goliat met Jehovah God vergelyk! So Dawid was seker dat hy daardie reus kon doodmaak en dat die Filistyne die geveg sou verloor.

Dawid het na sy vyand toe gehardloop. Die jong man het sy hand in sy sak gesteek, ’n klip uitgehaal, dit in sy slinger gesit en dit vinnig begin swaai. As Goliat nou eers die slinger raakgesien het, was dit te laat. Dawid het die klip laat gaan, wat toe die teiken getref het en diep in Goliat se voorkop weggesink het. Die reus het “met sy gesig op die grond neergeval”. Dawid het na Goliat toe gehardloop, sy swaard gevat en sy kop afgekap. Nou het die leërmag van Israel nuwe moed gekry. Die manne het begin skree en die Filistyne aangeval. God se mense het daardie dag ’n groot oorwinning gehad. Jong Dawid se voorbeeld het hulle moed gegee, en van daardie tyd af, het dit baie ander met geloof gehelp om ook moedig te wees.

Dawid swaai ’n klip in ’n slinger oor sy kop terwyl hy na Goliat toe hardloop. Goliat, met sy wapendraer langs hom, beweeg na Dawid toe terwyl hy hom uittart.

Lees die Bybelverslag:

  • 1 Samuel 16:​13, 18, 19; 17:​1-54

Om te bespreek:

Hoe het jong Dawid gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Wie was party van Dawid se moedige voorouers? (Matt. 1:​5, 6; Luk. 3:​31-38; w12 10/1 24 ¶2)

  2. 2. Watter bewyse is daar dat hierdie verslag regtig gebeur het? (wp16.5 13) A

    Collection the Israel Antiquities Authority. Photo © The Israel Museum, by Meidad Suchowolski

    Prent A: Die skrif op ’n steen wat omtrent 2 800 jaar oud is, verwys na die “Huis van Dawid”

  3. 3. Beskryf jong Dawid se lewe as ’n herder (w11 9/1 27 ¶1–28 ¶1). B

    ’n Herder met sy skape op ’n groen heuwel.

    Todd Bolen/BiblePlaces.com

    Prent B

  4. 4. Hoe weet ons dat Dawid baie keer deur ander onderskat was? (w21.03 3 ¶6; it “Eliab” nr. 4 ¶1-wcgr)

Dink aan die lesse

  • Hoe kan Dawid se voorbeeld jou help om te veg teen . . .

    • jou vrese? C

      ’n Tienerseun in ’n klaskamer luister met respek na sy wetenskaponderwyser terwyl die onderwyser na ’n skedel wys en direk met hom praat. Agter in die klaskamer is daar ’n prentjie wat die stadiums van menslike evolusie wys.

      Prent C

    • sondige begeertes?

  • Watter uitwerking kan jou moed op ander hê? (1 Sam. 17:​50-53)

  • Op watter ander maniere kan jy die moed navolg wat Dawid in hierdie verslag gewys het?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Dawid graag oor hierdie deel van sy lewe wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

In hierdie liedjie vir kinders, vind uit wat Dawid so moedig gemaak het.

Dawid – ’n Voorbeeld vir jongmense (2:35)

Wat kan broers doen as hulle wil hê dat ander hulle moet respekteer?

“Jong manne – Hoe kan julle ander se vertroue wen?” (w21.03 2-5 ¶1-11)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel