Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 21 bl. 98-101
  • ’n Seun wat moedig Jehovah se boodskap oorgedra het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Seun wat moedig Jehovah se boodskap oorgedra het
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Hy “het grootgeword by Jehovah”
    Volg hulle geloof na
  • Samuel het bly doen wat reg is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hy “het grootgeword by Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Samuel het aangehou om te doen wat reg is
    Leer jou kinders
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 21 bl. 98-101

21 SAMUEL

’n Seun wat moedig Jehovah se boodskap oorgedra het

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

SAMUEL was op ’n manier soos Jefta se dogter en Simson. Al drie het die volgende in gemeen gehad: Hulle ouers se dade het ’n baie groot impak op hulle lewens gehad. Soos Jefta se dogter het Samuel sy hele lewe gebruik om Jehovah op ’n spesiale manier te dien (1 Sam. 2:11). Soos Simson was hy lewenslank ’n Nasireër (Rigt. 13:7). En soos hulle al twee het Samuel moed nodig gehad.

Toe Samuel se ma, Hanna, opgehou het om hom te borsvoed, dalk toe hy drie jaar oud of ’n bietjie ouer was, het sy hom na die tabernakel in Silo geneem om Jehovah te dien, net soos sy Jehovah belowe het. Maar sy het aangehou om haar seun gereeld te besoek en elke jaar het sy vir hom ’n nuwe kledingstuk gebring om by die tabernakel te dra. Samuel het daar grootgeword onder die sorg van die bejaarde hoëpriester, Eli. Dalk het party van die vrouens by die tabernakel gehelp om vir die seun te sorg.

Maar aanbidding by die tabernakel was besoedel, en dit was gedeeltelik Eli se skuld. Sy twee seuns, Hofni en Pinehas, was slegte manne. Hulle het seksuele omgang gehad met party van die vrouens wat by Jehovah se heilige huis gedien het. En hulle het rein aanbidding op ander maniere besmet. Blykbaar het hulle die dienaars by die tempel beveel om die nederige aanbidders wat daar gekom het, sleg te behandel en om die beste dele van die offers te steel voordat dit aan Jehovah geoffer was. Eli het geweet wat sy seuns gedoen het. Maar hy het hulle net ligtelik aangespreek – en hulle het hom geïgnoreer. Ten spyte van die goddeloosheid om hom, het Samuel bly groei in sy verhouding met God en het hy ook ’n goeie verhouding met mense gehad. Toe die tyd aangebreek het vir Jehovah om die probleme by Silo reg te stel, het hy jong Samuel gekies om sy woordvoerder te wees.

Samuel het laat een aand wakker geword toe hy ’n stem gehoor het. Jehovah het hom geroep! Maar Samuel het gedink dat dit Eli was, en daarom het hy na die hoëpriester gehardloop om hom te vra wat hy wou hê. Eli, wat oud en blind was, het Samuel terug bed toe gestuur, want hy het nie die seun geroep nie. Dieselfde ding het nog twee keer gebeur. Uiteindelik het Eli besef wat besig was om te gebeur, en daarom het hy vir Samuel gesê om weer te gaan lê. As Jehovah hom weer sou roep, moes Samuel sê: “Praat, Jehovah, u kneg luister.” Samuel het presies gedoen wat Eli gesê het.

Vir die vierde keer het Jehovah hom geroep en gesê: “Samuel, Samuel!” Die seun het gesê: “Praat asseblief, want u kneg luister.” Toe het Jehovah met hom gepraat. Hy het gesê dat hy die probleme in Silo sou regstel en dat Eli gestraf sou word omdat hy nie sy seuns gedissiplineer het nie. Sy huis, insluitende daardie slegte seuns, was nou geoordeel. En Samuel moes dit toe alles vir Eli vertel!

Samuel het weer gaan lê, maar die Bybel sê nie of hy enigsins weer kon slaap nie. Toe dit oggend word, het hy opgestaan en die deure van Jehovah se huis oopgemaak. Natuurlik was “Samuel . . . bang om vir Eli van die visioen te vertel”. Eli het die seun geroep en vir hom gevra wat God vir hom gesê het. Dalk het hy besef dat Samuel bang was, en daarom het hy ook gesê: “Moet dit asseblief nie vir my wegsteek nie.”

Al was hy net ’n seun, moes Samuel Jehovah se oordeelsboodskap aan die hoëpriester Eli oordra

Dit was sekerlik ’n moeilike oomblik vir Samuel. Het hy Eli gerespekteer asof hy sy eie oupa was? Hy het hom sekerlik gerespekteer omdat hy die hoëpriester van Israel was! Maar nog steeds het die seun Eli alles vertel wat Jehovah gesê het. Eli het nou uitgevind dat hulle binnekort gestraf sou word. Het hy uiteindelik sy slegte seuns reggestel? Daar is geen bewyse dat hy dit gedoen het nie.

Jong Samuel staan by die deure van die voorhof van die tabernakel en praat met hoëpriester Eli.

Jehovah het Samuel ryklik geseën omdat hy so moedig was. Ons lees: “Jehovah [was] met hom.” En hy het God se profeet geword, en “God het nie een van [Samuel se] woorde onvervuld laat bly nie”. Al Samuel se woorde oor Eli en sy seuns het uiteindelik waar geword. Intussen het Jehovah Samuel gebruik om geestelike leiding aan Israel te gee. Samuel het baie jare lank lojaal as Jehovah se profeet en rigter gedien. Hy het van ’n jong ouderdom af geleer om Jehovah moedig te dien, en het aangehou om dit te doen gedurende sy lang en bevredigende lewe.

Lees die Bybelverslag:

  • 1 Samuel 1:​9-11, 24-28; 2:​12-36; 3:​1-21; 25:1

  • Hebreërs 11:32

Om te bespreek:

Hoe het Samuel gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Beskryf Silo, die plek waar Jehovah se tabernakel was (w92 11/1 8-9). A

    Todd Bolen/BiblePlaces.com

    Prent A: Terrein van eertydse Silo

  2. 2. Hoe was die lewe vir Samuel by die tabernakel? (ia 60-62 ¶9-13) B

    Jong Samuel maak die deure van die voorhof van die tabernakel oop.

    Prent B

  3. 3. Op watter manier het jong Samuel “Jehovah nog nie leer ken nie”? (1 Sam. 3:7; w02 12/15 8 ¶5-6)

  4. 4. Hoe het die profesie oor Eli se familie waar geword? (it “Eli, I” ¶5-7-wcgr)

Dink aan die lesse

  • Wat kan ’n jong persoon by Samuel leer oor die belangrikheid daarvan om . . .

    • gehoorsaam te wees? (1 Sam. 3:5)

    • bedagsaam en respekvol te wees? (1 Sam. 3:​6-10)

    • betroubaar te wees? (1 Sam. 3:15) C

      ’n Tienerbroer maak ’n lys van die skoonmaakmiddels by die Koninkryksaal. In die voorportaal pak ’n broer lektuur uit en ’n suster stofsuig die vloer.

      Prent C

  • Wanneer het ’n jong persoon dalk die moed nodig om iets te sê, en hoe kan Samuel se voorbeeld hom help?

  • Op watter ander maniere kan jy Samuel se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Samuel graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

Wanneer het jongmense en volwassenes dalk die moed nodig om op te staan vir wat reg is?

Leer by hulle – Samuel (4:53)

Selfs toe mense om hom God nie gerespekteer het nie, het jong Samuel gedoen wat reg was.

“Samuel besluit om Jehovah te dien” (ijwis artikel 15)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel