Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 20 bl. 94-97
  • Hy het in ’n tyd van swakheid moed gevind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het in ’n tyd van swakheid moed gevind
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Vertrou op Jehovah, net soos Simson
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Simson seëvier in die krag van Jehovah!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Jehovah het Simson sterk gemaak
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Die sterkste man
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 20 bl. 94-97

20 SIMSON

Hy het in ’n tyd van swakheid moed gevind

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

SIMSON kon niks sien nie. Maar hy kon hoor hoe die Filistyne hom spot en beledig. Hoe het hy hier beland? Hy was dwaas en het gesê hoekom hy so sterk was. En daarom was hy gevang, verblind, geboei, in die tronk gegooi en gedwing om ’n slaaf te wees. Nou het die Filistyne hom en, sonder twyfel, sy God, Jehovah, uitgelag. Simson het geweet dat baie van dit sy eie skuld was. Hy was nog altyd ’n man wat baie moed gehad het. Nou word daardie moed tot die uiterste getoets.

Simson het 20 jaar lank as ’n rigter oor Israel gedien, maar hy was nie soos die ander rigters nie. Ander rigters soos Barak, Gideon en Jefta het die leiding geneem in die oorloë teen God se vyande. Maar nie Simson nie. Oor en oor was hy die leërmag! Jehovah het hom gebruik om man alleen baie Filistyne dood te maak. Hoe?

Onder God se leiding het Simson se ouers hom as ’n Nasireër aan Jehovah toegewy. Daarom het hy nooit sy hare gesny nie. Solank as wat hy daardie gelofte nagekom het, het Jehovah hom met buitengewone krag geseën. Eenkeer het Simson selfs ’n leeu met sy kaal hande in twee geskeur! Simson het die krag wat God hom gegee het, gebruik om teen die Filistyne te veg, wat God se ontroue volk onderdruk het.

Simson se eie vreesbevange volk het hom ook al eenkeer vasgemaak en hom aan die Filistyne oorgelewer. Maar hy het die toue geskeur asof dit linnedrade was en toe 1 000 Filistyne doodgemaak met net die kakebeen van ’n donkie. Later toe Simson in die stad Gasa was, het sy vyande vir hom gewag en beplan om hom in die oggend dood te maak. Maar hy het teen middernag opgestaan, die deure van die stadspoort en die twee syposte gegryp en dit saam met die grendel uitgeruk. Hy het dit op sy skouers gesit en dit vir omtrent 60 kilometer opgedra na die top van die berg oorkant Hebron!

Keer op keer het Simson gewys dat hy nie oorwin kan word nie. Hy het gewys dat hulle gode, soos Dagon, magteloos was teen ’n getroue kneg van Jehovah. Maar die Filistyne het ’n effektiewe wapen gevind – haar naam was Delila.

Simson het op haar verlief geraak, maar sy was nie lojaal nie en het hom verraai. Die Filistyne het haar baie geld betaal om uit te vind hoekom Simson so sterk was. Sy het die heeltyd baie druk op hom geplaas. Uiteindelik kon Simson nie meer die druk hanteer nie en het hy vir haar sy geheim vertel. Hy het gesê dat hy sy buitengewone krag sal verloor as iemand sy hare sou skeer. So Delila het gewag totdat hy geslaap het en toe het sy sy lang hare laat skeer. Ons lees: “Jehovah [het] hom verlaat.” Daarom het Simson se krag verdwyn. Die Filistyne het vinnig ingekom, hom gevang en hom verblind.

Simson was gedwing om graan vir sy vyande te maal, ’n baie moeilike werk. Die Filistyne was baie bly. Hulle eens magtige vyand was nou maar net ’n slaaf in koperboeie. Hulle het ’n groot fees gereël om Dagon te eer. Toe die dag aanbreek, het duisende in ’n groot tempel bymekaargekom. Omtrent 3 000 mense was op die dak. Die Filistyne het besluit om hom uit te bring om hom te spot, en hulle het hom tussen twee groot pilare laat staan. Teen daardie tyd het die berouvolle rigter se hare weer teruggegroei.

Simson se foute het hom sy vryheid gekos, maar hy het vir een laaste geleentheid gesoek om dinge reg te maak

Nadat hy aan die pilare geraak het, het hy Jehovah gevra om weer sy krag vir hom terug te gee. Hy het gebid: “Dink asseblief aan my en versterk my asseblief net hierdie een keer, o God.” Hy het ook uitgeroep: “Laat my saam met die Filistyne sterf!” Stel jou voor hoe hy elke spier gebruik om die pilare te stoot totdat dit stadig begin beweeg. Voordat die Filistyne hom kon keer, het die pilare begin val en die hele tempel het ineengestort! Dit was Simson se finale oorwinning. By sy dood het hy meer van God se vyande doodgemaak as gedurende sy hele lewe.

Simson staan tussen twee pilare en bid terwyl ’n groot groep van sy vyande hom spot.

Honderde jare later, toe die apostel Paulus van manne met sterk geloof gepraat het, het hy Simson genoem. Paulus het geskryf van dié wat ‘hulle swakheid in krag verander het’ en hy het sekerlik daardie moedige rigter in gedagte gehad. – Heb. 11:​32-34.

Lees die Bybelverslag:

  • Rigters 13:1–16:31

Om te bespreek:

Hoe het Simson gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Hoekom kon Simson aan dooie liggame raak en nog steeds ’n Nasireër bly? (w05 1/15 30 ¶1–31 ¶1)

  2. 2. Wat wys dat Simson God se heilige gees nodig gehad het om die deure en die syposte van Gasa tot Hebron te dra? (w04 10/15 15 ¶7-8) A

    Simson klim oor rotsagtige terrein terwyl hy die stadspoort se deure en syposte op sy skouers dra. ’n Kaart wys in die agtergrond die afstand en die toename van die hoogte vanaf Gasa na Hebron.

    Prent A

  3. 3. Wat wys dat Delila dalk ’n Israeliet was? (w05 3/15 28 ¶2)

  4. 4. Hoekom het Simson gebid om wraak te neem vir net “een van [sy] twee oë”? (Rigt. 16:28; it “Simson” ¶10-wcgr)

Dink aan die lesse

  • Toe Simson onder druk was, het hy vertroulike inligting met Delila gedeel. Wat kan ouermanne en hulle vrouens hieruit leer? B

    Collage: 1. Drie ouermanne ontmoet met ’n suster. 2. Een van die ouermanne gesels later by die huis met sy vrou terwyl hulle ’n koppie tee drink.

    Prent B

  • Simson het ’n ernstige fout gemaak, maar Jehovah het hom later op ’n kragtige manier gebruik. As ’n Christen vandag ’n fout maak, hoe kan Simson se voorbeeld hom motiveer om nie op te gee nie?

  • Hoe kan jy Simson se moed in jou lewe navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Simson graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

Leer jou kinders wat Simson een van die sterkste manne gemaak het wat al ooit gelewe het.

“Heilige gees maak Simson sterk” (ijwis artikel 14)

Watter ander lesse kan ons uit Simson se verhaal leer?

“Vertrou op Jehovah, net soos Simson” (w23.09 2-7)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel