DEEL 2
Van die dae van die konings tot die herbouing van Jerusalem
Gedrukte weergawe
Hierdie deel dek ’n tydperk van omtrent 600 jaar. Ons begin by Jonatan, die seun van koning Saul; dan bespreek ons Dawid, die eerste koning van Israel wat werklik getrou was. Dan lees ons van ’n tyd toe God se mense van Babilon af teruggekeer het en Jerusalem herbou het. Ons sal aangemoedig word deur die voorbeelde van Abigail, Natan, Elia, Daniël, Ester, Nehemia en ander. Hulle het moed in verskillende situasies nodig gehad. Byvoorbeeld, party moes oor Jehovah se opstandige mense regeer, party moes getrou bly toe hulle heersers nie getrou was nie en party moes God se mense waarsku toe hulle afvallig geword het.