Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 19 bl. 90-93
  • Hulle het ’n moeilike gelofte nagekom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het ’n moeilike gelofte nagekom
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Sy het haar pa en Jehovah bly gemaak
    Leer jou kinders
  • Getrouheid bring God se goedkeuring mee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • God en haar vriendinne het haar liefgehad
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Jefta kom sy gelofte aan Jehovah na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 19 bl. 90-93

19 JEFTA EN SY DOGTER

Hulle het ’n moeilike gelofte nagekom

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

DIT was weer eens ’n donker tyd in Israel. Die mense het weer hulle rug op Jehovah gedraai. Daarom het Jehovah die Ammoniete toegelaat om hulle omtrent 18 jaar lank te onderdruk (Rigt. 10:8). Uiteindelik het God se mense hulle sondes erken, ontslae geraak van hulle valse gode en teruggekeer na Jehovah toe. Maar nie lank daarna nie het die Ammoniete in Gilead bymekaargekom om teen die Israeliete te veg.

Die ouermanne in Gilead het ’n man met die naam Jefta gevra om te kom en hulle in oorlog te lei. Jefta was sleg behandel deur sy halfbroers in Gilead, en daarom moes hy uit die gebied vlug. Het hy bitter geword of dit teen hulle gehou? Nee. Jefta het ingestem om terug te gaan en te veg. Maar hy het eers vrede met die Ammoniete probeer maak. Jefta het boodskappers na die koning van die Ammoniete gestuur om te verduidelik hoekom hy nie die reg gehad het om die land te vat wat hy van Israel wou hê nie. Jefta se woorde aan die koning het gewys dat Jefta baie kennis gehad het oor Jehovah se handelinge met Sy mense en die nasies om hulle. Maar die Ammonitiese koning het nog steeds geweier om te luister. Hy was vasbeslote om oorlog te voer!

Terwyl Jefta voorberei het om te veg, het Jehovah se gees oor hom gekom. So Jefta was nie oorhaastig of dwaas toe hy hierdie belofte aan Jehovah gemaak het nie: “As u die Ammoniete in my hand gee, dan sal ek die persoon wat uit my huis na my toe uitkom wanneer ek in vrede van die Ammoniete af terugkeer, aan Jehovah gee. Ek sal daardie persoon as ’n brandoffer aanbied.”

Het Jefta bedoel dat hy letterlik ’n mens as ’n brandoffer sou aanbied? Natuurlik nie. Jehovah het menseoffers gehaat en het vir sy mense gesê om nooit so ’n verskriklike ding te doen nie (Deut. 18:​10, 12). Jefta het eerder bedoel dat hy die persoon wat eerste uit sy huis sou kom “aan Jehovah” sou gee. Dit het beteken dat daardie persoon heeltemal aan Sy diens toegewyd sou wees en moontlik by die tabernakel in Silo sou dien. Jefta het geweet dat sy gelofte hom moontlik baie sou kos. Hy het net een kind gehad, ’n geliefde dogter. Sy sou moontlik die eerste persoon wees wat hom sou groet nadat hy van die oorlog af teruggekom het.

Maar op die oomblik het Jefta ’n oorlog gehad om te veg. Hy het moedig sy manne in oorlog gelei. En Jehovah het hulle grootliks geseën! Hulle het die vyand “in ’n groot slagting doodgemaak” en daarna 20 Ammonitiese stede vernietig.

Jefta het vol vreugde teruggekom. Dalk het hy begin hoop dat een van sy knegte eerste uit die huis sou kom. As hy so gedink het, was sy hoop verpletter. Die eerste persoon wat uit die huis gekom het, was sy dogter! Sy het gedans en die tamboeryn gespeel. Jefta was baie hartseer en het sy klere geskeur en gesê: “Ag nee, my dogter! Jy het my hart gebreek, want nou het jy die een geword wat ek moet wegstuur.”

Jefta en sy dogter het ’n gelofte gehad om na te kom, maar dit sou ’n groot opoffering wees

Jefta se dogter het besef wat haar pa se gelofte vir haar beteken het. Sy sou heeltemal toegewyd wees aan Jehovah se heilige diens. So, sy sou nooit kon trou of kinders hê nie, en vir vrouens van Israel was dit iets baie ergs. Maar hierdie jong moedige meisie het haar pa verseker: “As Pa ’n gelofte aan Jehovah gemaak het, doen met my wat Pa belowe het.” Sy het net gevra dat sy ’n bietjie tyd met haar vriende kon spandeer sodat sy kon treur oor die feit dat sy nooit sou trou of kinders sou hê nie.

Jefta skeur sy klere en val op sy knieë terwyl sy dogter nader kom en haar hand op sy skouer sit.

Jefta se dogter was geprys en vertroos. Elke jaar het die jong vroue van Israel vier dae spandeer om daardie onselfsugtige en moedige vrou te prys! En haar diens by die tabernakel het sekerlik vir haar baie seëninge gebring. Die jong seun Samuel het moontlik ook gedurende daardie tyd daar gebly. Het Jefta se dogter gehelp om hom op te lei en aan te moedig terwyl hy grootgeword het? Ons weet nie. As dit die geval was, het dit seker vir haar baie vreugde gegee, aangesien sy nie ’n kind van haar eie gehad het nie. Maar ons weet dat daar in daardie dae ’n probleem met onsedelikheid by die tabernakel was (1 Sam. 2:22). Het Jefta se dogter betrokke geraak by seksuele onsedelikheid? Nee. Die geïnspireerde verslag sê: “Sy het nooit seksuele omgang met ’n man gehad nie.”

Die apostel Paulus het Jefta genoem toe hy gepraat het van manne en vroue met sterk geloof (Heb. 11:32). Jefta en sy dogter het albei ’n uitstekende voorbeeld van moed gestel. Hy het vir God se mense geveg, en sy het hom ten volle ondersteun. Saam het hulle ’n moeilike gelofte aan Jehovah nagekom!

Lees die Bybelverslag:

  • Rigters 10:​15, 16; 11:​1-40

Om te bespreek:

Hoe het Jefta en sy dogter gewys dat hulle moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Wat wys dat die Ammoniete nie net teen die Israeliete oorlog gevoer het nie, maar ook teen ware aanbidding? (it “Jefta” ¶6-wcgr) A

    Mense sien hoe Israelitiese mans besig is om ’n heilige paal af te trek. Inlasfoto: ’n Vrou slaan ’n klein afgodsbeeld stukkend.

    Prent A: “Hulle het ontslae geraak van hulle vreemde gode en het Jehovah gedien.” – Rigt. 10:16

  2. 2. Hoe was Jefta se gesindheid soortgelyk aan dié van Jakob toe hy ’n gelofte aan Jehovah gemaak het? (it “Jefta” ¶11-wcgr)

  3. 3. Hoekom was dit vir Jefta ’n groot opoffering om sy gelofte na te kom? (w17.04 4 ¶6)

  4. 4. Die profeet Samuel is in omtrent 1180 VHJ gebore. Hoekom kan ons sê dat hy en Jefta se dogter dalk op dieselfde tyd by die tabernakel gedien het? (it “Jefta” ¶2-wcgr; sien die tydlyn “Van die dae van Henog tot die tyd van die rigters”.)

Dink aan die lesse

  • Watter uitwerking het dit op kinders wanneer hulle ouers so moedig soos Jefta optree?

  • Hoe kan Christene vandag die jong vroue navolg wat Jefta se dogter geprys het en haar gehelp het om moedig te bly? B

    ’n Suster in ’n ander land is gelukkig om ’n geskenkpakkie oop te maak terwyl sy op ’n video-oproep met haar vriende is. Die pakkie het kos, vitamiene, ander geskenke en ’n kaartjie in.

    Prent B

  • Hoe kan jy Jefta en sy dogter se moed in jou lewe navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Jefta en sy dogter graag wou vra nadat Jehovah hulle opgewek het?

Leer meer

Hoe kan die voorbeeld van Jefta se dogter Christene help wat nie getroud is nie?

Maak ’n sukses van jou lewe as ’n ongetroude Christen (5:15)

Kyk hoe Jefta en sy dogter ons leer om getrou aan Jehovah te bly.

“Getrouheid bring God se goedkeuring mee” (w16.04 3-8)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel