Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 17 bl. 82-85
  • “Die mees geseënde van die vrouens”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die mees geseënde van die vrouens”
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • ’n Nuwe leier en twee dapper vroue
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • “Ek het as ’n moeder in Israel opgestaan”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Twee dapper vroue
    My boek met Bybelverhale
  • Deur geloof het Barak ’n magtige leër op die vlug gejaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 17 bl. 82-85

17 JAEL

“Die mees geseënde van die vrouens”

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

SISERA het uit die vlaktes van Jisreël gevlug, waar hy sy manne sonder hulle leier vir dood agtergelaat het. Dit was seker moeilik vir hom om te glo dat sy magtige leërmag, met 900 oorlogstrydwaens, oorwin was deur Israelitiese voetsoldate wat nie goed gewapen was nie. Nou het Sisera net gedink aan waar hy kon wegkruip. Hy het na die tent van Heber die Keniet gehardloop.

Oor die algemeen het die Keniete die Israeliete ondersteun. Hulle het ’n goeie verhouding met die Israeliete gehad wat in die dae van Moses begin het, wie se vrou ook ’n Keniet was. Nou het daardie mense in Israel gewoon. Maar Heber was anders as die ander Keniete. In plaas daarvan om die Israeliete te ondersteun, het hy die Kanaänitiese koning Jabin ondersteun. En daarom het Sisera, as Jabin se generaal, gedink dat hy veilig kon wegkruip in die tente van Heber. Dit lyk asof Sisera nie gedink het dat Heber se vrou, Jael, anders as haar man kon voel nie.

Jael was by haar tent, terwyl haar man weg was. Toe sy Sisera sien nader kom, moes sy vinnig dink. Sy het sonder twyfel geweet wie Sisera was en hoe gevaarlik hy was. Sy het dalk nie geweet wat Jehovah se profetes Debora oor Sisera gesê het nie – dat hy sou sterf, nie deur die hande van ’n man nie, maar deur die hande van ’n vrou. Maar dit lyk nog steeds asof Jael geweet het wat Jehovah wou hê sy moes doen. Hoekom sê ons so?

Jael staan buite haar tent terwyl Sisera na haar toe aangestap kom. ’n Houthamer is in die tent.

Later het Debora ’n geïnspireerde lied geskryf oor Barak se oorwinning oor Sisera. Dit het gesê: “Geseënd bo alle vrouens is Jael, die vrou van Heber, die Keniet. Sy is die mees geseënde van die vrouens wat in tente woon.” Party sê dat Jael ’n leuenaar en wrede vrou was, maar dit is nie waar nie. Sy was eerder ’n moedige vegter in die oorloë van Jehovah. Soos Ragab het sy gekies om Jehovah te ondersteun en nie sy vyande nie. Sy het geweet dat Sisera ’n wrede vyand van Jehovah was en dat sy kon doen wat Jehovah wou hê gedoen moes word. Maar hoe sou sy dit doen?

Jael het natuurlik geweet dat sy nie sterk genoeg was om teen Sisera te veg nie. Hy was ’n ervare vegter en sekerlik ’n sterk man. Daarom het sy hom in haar tent genooi om ’n bietjie te rus. Sy het hom met ’n kombers toegemaak. En toe hy vir water gevra het, het sy vir hom melk gegee. Hy het vir haar gesê om by die ingang van die tent te staan en te lieg as enige iemand vra of daar ’n man in die tent is. En toe raak hy vas aan die slaap.

God het ’n vrou gekies om ’n wrede vegter dood te maak

Jael het geweet dat haar oomblik om op te tree nou aangebreek het. Sy het gereedskap opgetel wat sy moontlik gereeld gebruik het – ’n swaar hamer en ’n tentpen wat albei dalk van hout gemaak was. Sy het stilletjies en versigtig nader aan die slapende vegter beweeg. Terwyl sy naby sy kop neergebuig het, het sy gereedgemaak om toe te slaan. Een foutjie, een verkeerde beweging kon sekerlik vir Jael tot ’n verskriklike dood gelei het. Maar Jael het nie ’n fout gemaak nie. In ’n oogwink was dit verby en Sisera het dood by haar voete gelê – met ’n tentpen deur sy slape!

Later het die rigter Barak vir Sisera kom soek. Jael het uitgegaan om hom te ontmoet. Sy het gesê: “Kom, ek sal vir jou die man wys na wie jy soek.” Barak het in die tent ingegaan en gesien dat Debora se profesie waar geword het: “Jehovah sal Sisera in die hand van ’n vrou gee.”

Barak en Debora het Jael in hulle oorwinningslied geprys. Daarna was Jael nie weer in die Bybel genoem nie. Maar tot vandag toe, meer as 3 200 jaar later, kan ons nog steeds uit haar uitstekende voorbeeld leer. Vandag veg God se knegte nie met letterlike wapens nie. Maar ons is wel in ’n oorlog betrokke, ’n geestelike oorlog. En vandag, meer as ooit tevore, het ons die moed van Jael nodig.

Lees die Bybelverslag:

  • Rigters 4:​9, 11, 17-22; 5:​24-31

Om te bespreek:

Hoe het Jael gewys dat sy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Wat is die verband tussen die oorlog van Sisera en die oorlog van Armageddon? (w19.09 8-9 ¶3-6)

  2. 2. Jael se man, Heber, het Israel se vyande, die Kanaäniete, ondersteun. Maar wat was die verband tussen Heber en die Israeliete? (it “Heber” nr. 2-wcgr)

  3. 3. Hoe het Israel se oorwinning oor Sisera en Jabin die geloof van God se volk baie jare later versterk? (w08 10/15 14-15 ¶12-15)

  4. 4. Wat staan uit omtrent die manier hoe Debora Jael geprys het? (w15 8/1 15 ¶3) A

Debora en Barak sing hulle oorwinningslied terwyl die ander Israeliete dans en tamboeryne speel.

Prent A

Prent A

Dink aan die lesse

  • Wanneer het ’n suster met ’n ongelowige man dalk moed nodig soos Jael?

  • Jael was nie ’n profetes soos Debora nie en ook nie ’n soldaat soos Barak nie. Maar sy het nog steeds gedoen wat sy kon. Hoe kan ons haar gesindheid navolg wanneer ons beperkings het? B

    Collage: 1. ’n Ouer suster in ’n rolstoel skryf ’n kaartjie en sit geld in ’n koevert. 2. ’n Paartjie is gelukkig terwyl hulle die kaartjie lees.

    Prent B

  • Op watter ander maniere kan jy Jael se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Jael graag wou vra nadat Jehovah haar opgewek het?

Leer meer

Kyk in hierdie video hoe die voorbeeld van Jael ’n jong suster motiveer om ’n getuienis te gee.

Volg die moediges na, nie die lafaards nie! –Jael, nie die inwoners van Meros nie (1:40)

Jael is net een van baie vrouens uit wie se lewe ons baie waardevolle lesse kan leer. Lees oor ’n paar van hulle.

“Vroue in die Bybel – Wat kan ons by hulle leer?” (ijwbq artikel 161)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel