Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 15 bl. 74-77
  • Hulle het mekaar gedurende moeilike tye gehelp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het mekaar gedurende moeilike tye gehelp
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • “Waar u gaan, sal ek gaan”
    Volg hulle geloof na
  • Rut en Naomi
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • “Waar u gaan, sal ek gaan”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Rut en Naomi
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 15 bl. 74-77

15 NAOMI EN RUT

Hulle het mekaar gedurende moeilike tye gehelp

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

NAOMI se hart was keer op keer gebreek. Toe daar ’n hongersnood in Israel was, het haar man besluit om sy familie uit Betlehem na die land Moab te vat. Eendag het Naomi se man gesterf en haar alleen in ’n vreemde land agtergelaat met haar twee seuns. Die seuns het later met Moabitiese meisies getrou wat Jehovah nie aanbid het nie. Omtrent tien jaar later het iets verskrikliks gebeur: Al twee haar seuns het gesterf! En nie een van hulle het kinders gehad nie. So nou het Naomi nie net haar man verloor nie, maar ook haar twee seuns en enige hoop om kleinkinders te hê.

Naomi het gevoel dat sy geen rede gehad het om in Moab te bly nie, en daarom het sy besluit om terug te gaan Betlehem toe, ’n reis wat haar omtrent ’n week sou neem. Rut en Orpa, Naomi se twee skoondogters, het saam met haar na Betlehem begin reis. Maar Naomi kon dit nie oor haar hart kry om hulle weg te vat van hulle tuisland en familie nie. Dalk het sy gedink dat dit nie liefdevol sou wees om hulle Israel toe te laat trek nie, want hulle sou dalk nie weer daar kon trou of kinders hê nie. Sy het onselfsugtig opgetree en vir Rut en Orpa gesê om na hulle ma’s terug te gaan. Naomi was moedig. Sy was bereid om alleen verder te reis. Orpa het gehuil, maar sy het teruggegaan. Rut het ook gehuil, maar sy het gebly.

Rut het vir Naomi gesê: “Moet my nie smeek om Ma te verlaat . . . nie, want waar Ma gaan, sal ek gaan, en waar Ma oornag, sal ek oornag. Ma se volk sal my volk wees, en Ma se God sal my God wees. Waar Ma sterf, sal ek sterf, en daar sal ek begrawe word.” Hierdie lojale en moedige jong vrou het besluit om Naomi se God, Jehovah, haar eie God te maak.

Twee vrouens wat baie hartseer was nadat hulle hulle geliefdes aan die dood verloor het, vind vertroosting onder Jehovah se mense

So Rut het saam met Naomi Israel toe gegaan en haar familie, kultuur en Moabitiese gode agtergelaat. Toe die twee uiteindelik in Betlehem aangekom het, was party vrouens verbaas om te sien hoe baie Naomi oor die jare verander het. Sy het vir hulle gesê dat sy baie depressief was omdat Jehovah alles van haar af weggeneem het en haar bitter en met leë hande gelos het. Naomi se woorde het Rut dalk baie seergemaak omdat sy so baie gedoen het om Naomi te help. Maar die Bybel sê nie dat Rut kwaad geword het of gekla het nie. Rut het eenvoudig begin werk deur oesoorblyfsels in die velde daar naby bymekaar te maak om vir haar en Naomi te sorg.

Rut en Naomi kom in Betlehem aan. Rut lei ’n donkie met voorraad op sy rug en sy hou Naomi se arm vas terwyl hulle by die straat afstap. Die mense is geskok om hulle te sien.

’n Ryk grondeienaar met die naam Boas, die seun van Ragab, het gesien hoe hard Rut in die velde werk. Boas was ’n getroue kneg van Jehovah en hy het iemand gevra wie Rut was. Hy het gehoor dat Rut hard gewerk het om Naomi te help. Hy het Rut geprys omdat sy op Jehovah God vertrou het om vir haar en Naomi te sorg. Hy het selfs seker gemaak dat die manne in sy veld haar nie pla nie.

Toe Naomi daardie aand uitvind hoe vriendelik Boas teenoor Rut was, was sy baie opgewonde. Kon Boas dalk ’n man vir Rut word? Hy was ’n familielid, en God se Wet het ’n spesiale voorsiening gemaak vir jonger weduwees soos Rut. Wanneer ’n vrou ’n weduwee geword het, het sy die reg gehad om met ’n nabye familielid van haar oorlede man te trou. Op hierdie manier kon sy nog steeds ’n seun in haar man se naam hê sodat sy geslagslyn kon voortbestaan en sy erfenis in die familie kon bly (Deut. 25:​5, 6). Naomi het aan Rut verduidelik wat sy moes doen.

Rut het ingestem om te doen wat Naomi gesê het, alhoewel dit vreemd en intimiderend geklink het. Sy het in die aand na die dorsvloer gegaan, waar manne gewoonlik geslaap het by die hope graan wat hulle geoes het. Sy het stilletjies nader na Boas se voete gegaan, dit oopgemaak en daar gaan lê. Toe hy wakker word, het sy hom nederig herinner aan God se wet en hoe dit op haar van toepassing is. Daardie goeie man het seker opgelet dat Rut angstig was. Rut se moed en lojale liefde vir Jehovah en haar familie het Boas baie beïndruk. Hy het toe ingestem om te sien of dit moontlik was om met haar te trou.

Die volgende dag het Boas na die ouermanne van Betlehem gegaan en seker gemaak dat alles volgens God se wet gedoen word. Hy het met Rut getrou. Later het sy aan ’n seun geboorte gegee. Naomi was baie lief vir haar kosbare kleinseun, Obed. Koning Dawid het uit die geslagslyn van daardie kind gekom, asook die Messias meer as ’n duisend jaar later! (Matt. 1:​5, 6, 16). Jehovah het die moed van Naomi en Rut ryklik geseën!

Lees die Bybelverslag:

  • Rut 1:1–4:22

Om te bespreek:

Hoe het Naomi en Rut gewys dat hulle moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Hoe was die Israelitiese voorsiening om oesoorblyfsels op te tel uniek in die eertydse Midde-Ooste? (ia 39 ¶23, vtn.) A

Rut maak oesoorblyfsels bymekaar in Boas se veld.

Prent A

Prent A

  1. 2. Hoe weet ons dat Rut nie verkeerde beweegredes gehad het toe sy by Boas se voete gaan lê het nie? (ia 47 ¶17-18)

  2. 3. Boas het Rut “dogter” genoem. Wat leer dit ons oor hom? (Rut 2:8; w16.11 3)

  3. 4. Hoe het Boas gewys dat hy onselfsugtig was toe hy ingestem het om met Rut te trou en hoe is dit anders as die man wat So-en-so genoem word? (w23.03 14) B

    Die man wat So-en-so genoem was, oorhandig sy sandaal.

    Prent B

Dink aan die lesse

  • Hoekom sal dit goed wees om Rut se voorbeeld na te volg deur hardwerkend en dankbaar te wees wanneer ons finansiële probleme het? C

    Collage: ’n Enkelma sukkel met finansiële probleme. Die volgende drie prente wys elke toneel apart. Die enkelma is angstig terwyl sy deur ’n hoop rekeninge gaan terwyl haar seun in die agtergrond speel. Die enkelma maak in die aand ’n kantoorgebou skoon. ’n Broer en sy vrou bring ’n paar inkopies en ’n warm maaltyd vir die dankbare ma en haar seun.

    Prent C

  • Toe Naomi se hart gebreek was, het Rut haar ondersteun. Wat leer Naomi se voorbeeld ons oor om nederig hulp van ander te aanvaar? Wat leer ons by Rut oor om ander aan te moedig?

  • Op watter ander maniere kan jy Naomi en Rut se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Naomi en Rut graag wou vra nadat Jehovah hulle opgewek het?

Leer meer

Watter lesse kan ons oor lojale liefde uit die boek Rut leer, en hoe kan ons daardie lesse toepas?

“Hou aan om mekaar met lojale liefde te behandel” (w21.11 8-13)

Gebruik hierdie Bybelse prenteverhaal om jou gesin te help om die verslag lewend te maak.

“Rut is ’n lojale vriendin” (ijwis artikel 12)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel