14 RAGAB
Sy het Jehovah bo haar eie mense gekies
DAAR het ’n prostituut met die naam Ragab in ’n huis op die muur van eertydse Jerigo gebly. Vanuit haar venster kon sy buite “die stad van palmbome” kyk en sien hoe die son op die landskap bak (Deut. 34:3). Maar in die stad het sy net mense gesien wat bang en hopeloos was. Die mense van Jerigo het geweet dat Jehovah sy volk, Israel, sou help om die stad te oorwin en dat hulle vernietig sou word. En Jehovah het goeie redes gehad om hulle te vernietig.
Die nasie Israel het daar naby kamp opgeslaan. Veertig jaar vroeër het Jehovah sy volk gered deur Farao en sy leërmag in die Rooisee te verdrink. Nie lank voordat hulle naby Jerigo kamp opgeslaan het nie, het Jehovah sy volk gehelp om die magtige Amoritiese konings van Sihon en Og te oorwin. Dit was ongelooflik, want die Israeliete was nie soldate nie. Nou was hulle op pad Jerigo toe omdat Jehovah die mense daar wou straf vir al die slegte dinge wat hulle gedoen het!
Ragab het geweet dat haar mense sleg was. Sy het dalk gesmag na iets beters as haar vernederende lewe as ’n prostituut. Wat sy van Jehovah geleer het, het haar nie banggemaak nie, maar het haar hoop gegee. Sy het geweet dat Jehovah ’n God was wat sy volk beskerm en met respek behandel het. Dit was baie anders as die heidense gode wat die Kanaäniete aanbid het. Sy wou na aan hierdie God, Jehovah, wees wat rein en regverdig was en wat sy volk beskerm het.
Een aand het twee vreemdelinge na haar huis toe gekom en blyplek gesoek vir die aand. Ragab het vinnig agtergekom wie hulle was – Israelitiese spioene! En sy was nie die enigste een wat besef het wie hulle was nie. Die koning van Jerigo het twee manne na haar huis toe gestuur om haar te beveel om die spioene uit haar huis te bring. Ragab moes ’n besluit maak wat haar lewe sou verander. Sou sy kies om die slegte mense van haar stad te help of sou sy Jehovah se kant kies?
Ragab het Jehovah moedig gekies. Sy het die spioene op haar dak weggesteek en toe vir die koning se manne gesê dat hulle weg is. Nadat die koning se manne weg was, het sy opgegaan na die dak toe en vir die Israelitiese manne gesê hoekom sy hulle gered het. “Ek weet dat Jehovah die land aan julle sal gee.” Sy het geloof in hulle God gestel! Toe het sy vir hulle iets gesê wat vir hulle baie aanmoedigend moes gewees het: Die manne van Jerigo was baie bang vir die Israeliete. En toe het sy die spioene gesmeek vir beskerming wanneer Jehovah die Israeliete sou gebruik om die stad te vernietig.
Hoe kon ’n prostituut die moed vind om haar mense en onsedelike lewe agter te laat?
Ragab het die spioene se lewens gered, en hulle het gesien dat sy Jehovah se kant gekies het. Hulle het ingestem om te doen wat sy gevra het. Ragab en haar familie sou nie doodgemaak word nie. Die spioene het vir haar gesê dat sy vir niemand moes sê dat hulle daar was nie. Toe het hulle vir haar gesê om ’n rooi tou by haar venster in die stad se muur uit te hang en binne in die huis te bly wanneer die Israeliete die stad aanval. As sy hierdie dinge gedoen het, sou sy en almal wat in haar huis was, veilig wees.
Ragab het die spioene gehelp om uit die stad te ontsnap deur middel van ’n tou uit haar venster. Toe het sy presies gedoen wat hulle vir haar gesê het om te doen. Sy het ’n rooi tou uit haar venster gehang. Sy het vir niemand van die spioene vertel nie. Dit was baie moedig, want as die manne van haar stad uitgevind het wat sy gedoen het, sou hulle haar sekerlik doodgemaak het. Sy was gehoorsaam en het haar familie in die huis gehou. Toe Ragab uitvind dat Jehovah die Jordaanrivier geskei het sodat die Israeliete kon deurgaan, was sy beslis oortuig dat sy die regte besluit gemaak het. Soos die leërmag van Israel vir sewe dae rondom die stad gemarsjeer het, het die mense van Jerigo seker baie bang geword. Uiteindelik, op die sewende dag, toe die priesters op die horings geblaas het en die Israeliete geskree het, was Ragab en haar familie veilig saam in die huis toe die mure inmekaarval!
Ná die oorlog het die spioene Ragab en haar familie uit die stad gelei. Haar huis was op die een deel van die muur wat nie vernietig was nie. Soos Josua gesê het, was Ragab en haar familie se lewens gered. Ná ’n tydjie het Ragab deel van die nasie Israel geword. Sy het met ’n Israelitiese man getrou en kinders gehad. Baie jare later het die moedigste man wat nog ooit gelewe het, Jesus Christus, uit haar geslagslyn gekom (Matt. 1:5, 16). Jehovah het Ragab grootliks geseën vir haar geloof en moed.
Lees die Bybelverslag:
Om te bespreek:
Hoe het Ragab gewys dat sy moedig is?
Soek dieper
1. Beskryf hoe die lewe vir Ragab in Jerigo was (w13 11/1 12 ¶4–13 ¶1).
2. Hoe weet ons dat die spioene nie by Ragab se huis gebly het vir onsedelike redes nie? (it “Prostituut” ¶16-wcgr)
3. Hoekom was daar baie vlasstingels op Ragab se dak, en waarvoor was vlas gebruik? (it “Vlas” ¶2-4-wcgr) A
Thanks for your interest in my photos/Moment Open via Getty Images
Prent A: ’n Veld vol vlas
4. Hoekom was dit nie verkeerd van Ragab om die koning se manne te mislei nie? (w04 12/1 9 ¶1) B
Prent B
Dink aan die lesse
Hoekom het Ragab moed nodig gehad om haar onsedelike lewe agter te laat en om Jehovah saam met die Israeliete te aanbid? Wat kan Bybelstudente uit haar voorbeeld leer?
Die Bybel sê vir ons om nie te lieg nie. Maar soms probeer vyande ons dwing om vir hulle vertroulike inligting oor ons broers en susters te gee. In so ’n situasie, wat kan ons uit Ragab se voorbeeld leer? (Spr. 11:13; Pred. 3:7; Ef. 4:25) C
Prent C
Prent C
Op watter ander maniere kan jy Ragab se moed navolg?
Dink na oor die groter prentjie
Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?
Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?
Wat sou ek Ragab graag wou vra nadat Jehovah haar opgewek het?
Leer meer
Wat leer Ragab se verslag ons oor wat ons moet doen om te oorleef wanneer Jehovah se dag kom?
Gebruik hierdie Bybelse prenteverhaal om jou kinders te help om die gebeure in hierdie verslag te visualiseer.