Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 3 bl. 24-27
  • Sy het geweier om terug te kyk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sy het geweier om terug te kyk
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • ‘Jy is ’n vrou wat pragtig is’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • God het haar “Prinses” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Uiteindelik ’n seun!
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Abraham en Sara—Jy kan hulle geloof navolg!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 3 bl. 24-27

3 SARA

Sy het geweier om terug te kyk

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

SARA was getroud met haar geliefde man, Abraham. Hulle het in Ur, in die land Sinear, gebly, ’n besige stad wat omring was deur hoë mure aan die rand van die groot Eufraatrivier. Die mense van die stad het valse gode aanbid, maar Abraham was anders. Hy het die enigste ware God, Jehovah, aanbid. Sara het ook geloof in die ware God gestel. Maar eendag het sy ’n nuwe toets van haar geloof en moed in die gesig gestaar.

Abraham het vir haar gesê dat Jehovah met hom gepraat het! Sara was seker baie opgewonde. Maar wat Jehovah vir Abraham gesê het om te doen, sou nie maklik wees nie. Hulle moes hulle huis en hulle familie in Ur agterlaat en na ’n ver land wegtrek. Dit sou ’n lang, stadige reis wees en hulle sou in tente moes bly. So Sara sou nie meer in ’n stad bly wat deur mure en wagte beskerm is nie. Sy sou ook nie meer in ’n groot huis bly met lopende water en ander geriewe nie. En daar sou geen markplein wees om kos en ander goedere te koop nie! Al hierdie dinge sou baie moeilik wees. Maar Sara was bereid om te gaan. Sy het geloof in Jehovah gestel, haar besittings opgepak, vir haar familie en vriende totsiens gesê en saam met Abraham na ’n onbekende plek gereis.

In plaas daarvan om druk op Abraham te sit om terug te gaan na ’n veiliger lewe, het Sara hom ondersteun toe Jehovah hulle ver weg van hulle huis af gestuur het

Sara het op nog ’n manier gewys dat sy moedig was. Die apostel Paulus het die volgende oor haar en haar man geskryf: “As hulle bly dink het aan die plek waaruit hulle weggetrek het, sou hulle ’n geleentheid gevind het om terug te gaan” (Heb. 11:15). Sara kon met verlange teruggedink het aan die huis wat sy in Ur agtergelaat het en aan hoe veilig sy daar gevoel het. Maar sy het moedig geweier om terug te kyk.

Sara en Abraham verlaat Ur. Hulle ry op kamele en is saam met hulle groot huishouding.

Toe hulle uiteindelik in die land Kanaän aankom, het Sara gou besef dat daar nie ’n groot rivier soos die Eufraatrivier was sodat skepe kos en ander dinge kon bring wat hulle kon koop nie. So toe daar ’n hongersnood in Kanaän was, het hulle geen ander keuse gehad as om te trek nie. Sara het nie daardie moeilike tyd gebruik om druk op haar man te sit om hulle familie terug oos na Ur te vat nie. Sy het eerder gewillig saam met Abraham suid na Egipte gereis.

Omdat Sara baie mooi was, was Abraham bang dat iemand hom dalk sou doodmaak om haar te steel. Sara moes voorgee dat sy Abraham se suster is. Maar dit het nie gehelp toe die Farao van Egipte uitvind hoe mooi sy is nie. Hy het beveel dat sy van Abraham af weggeneem moes word en na sy koninklike paleis gebring moes word. Nou, ’n lewe in ’n paleis sou dalk baie veiliger en gemakliker gevoel het as ’n lewe in tente. Maar het Sara besluit om Abraham te los en ’n gemaklike lewe saam met Farao te geniet? Nee. Sy was moedig en het lojaal aan haar man gebly – en Jehovah het haar gered! Kort voor lank was sy terug by haar geliefde man.a

Jehovah het belowe dat Abraham se nageslag ’n groot nasie sou word. Maar Sara kon nie swanger word nie. Dit was moeilik vir haar. Maar ná baie jare in Kanaän het Jehovah Sara beloon. Alhoewel sy 90 jaar oud was, het hy haar geseën deur haar grootste wens waar te laat word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun! Jehovah het gesê dat die seun Isak genoem moes word omdat dit “gelag” beteken. Abraham en Sara het met vreugde gelag toe hulle uitvind dat hulle ’n seun sou hê, en Sara was oortuig dat mense saam met haar sou lag as hulle hoor van die wonderwerk wat Jehovah vir haar gedoen het.

Sara het lank genoeg gelewe om haar seun groot te maak en te sien hoe hy ’n goeie man word. Sy moes moedig wees om hom veilig te hou soos net ’n ma kon. En tot die einde van haar lewe het sy geweier om terug te kyk na ’n gemakliker lewe. Sy het eerder uitgesien na ’n wonderlike toekoms. Daardie toekoms lê nog vir haar en haar familie voor – en ons is seker dat dit sal kom!

Lees die Bybelverslag:

  • Genesis 12:​1-20; 15:18; 16:​1, 2; 17:​3-8, 15-19; 18:​9-15; 20:​1-17; 21:​1-13

  • Handelinge 7:​1-7

Om te bespreek:

Hoe het Sara gewys dat sy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Was dit verkeerd van Sara om met Abraham te trou al was hy haar halfbroer? (wp17.3 12 ¶5, vtn.)

  2. 2. Beskryf wat Sara dalk in Ur agtergelaat het (wp17.3 13 ¶4–14 ¶2). A

    ’n Stuk juweliersware wat gemaak is van kosbare metale en kleurvolle edelstene.

    Photograph taken by courtesy of the British Museum

    Prent A: ’n Stuk juweliersware wat in eertydse Ur opgegrawe is

  3. 3. Hoe weet ons dat dit wys was van Abraham om nie vir sekere mense te sê dat Sara sy vrou is nie? (wp17.3 14 ¶6–15 ¶2)

  4. 4. Sara het diep respek vir Abraham as die gesinshoof gehad, maar beteken dit dat sy nooit gesê het hoe sy voel nie? Verduidelik (g 1/08 29 ¶4-5). B

    Sara praat reguit met Abraham, wat ongelukkig lyk.

    Prent B

Dink aan die lesse

  • Vergelyk Sara met Lot se vrou.

    • Op watter maniere was hulle dieselfde? (Gen. 12:1; 13:​5-7; 19:​12, 15)

    • Op watter maniere het hulle verskil? (Gen. 19:​17, 26; Luk. 17:​28-32)

    • Wat kan ons leer uit die besluite wat hulle gemaak het en hoe dinge vir hulle uitgedraai het?

  • Sara was baie mooi, en haar man was ryk. Wat kan ons by haar leer as ons soortgelyke omstandighede het? (Spr. 31:30; 1 Tim. 6:​17-19)

  • Hoe kan jy Sara se moed in jou lewe navolg? C

    Collage: 1. ’n Jong paartjie pak hulle besittings op en trek uit ’n gemaklike woonstel wat in ’n stad is. 2. Die paartjie lyk gelukkig terwyl hulle vir ’n boer op ’n plaas preek.

    Prent C

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Sara graag wou vra nadat Jehovah haar opgewek het?

Leer meer

Is Sara se voorbeeld net vir getroude vrouens? Of kan getroude mans ook uit haar voorbeeld leer?

Leer by hulle – Sara (6:27)

Kyk wat Sara en Abraham gedoen het om mekaar te help om gerespekteerd te voel.

Hou “die vlam van Jah” aan die brand (w23.05 24-25 ¶15-17)

a Later het iets soortgelyks met Sara gebeur toe ’n koning met die naam Abimeleg haar van Abraham af weggeneem het. Sy het Abraham se instruksies moedig gevolg, en Jehovah het haar weer gered.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel