Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/09 bl. 20
  • Tabàky—Hout as ’n skoonheidsbehandeling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Tabàky—Hout as ’n skoonheidsbehandeling
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2009
  • Waarom met hout bou?
    Ontwaak!—1995
  • Ontmoet ’n ventjie wat vinnig vlam vat
    Ontwaak!—1990
  • Skoonheid vergaan maar deug bly staan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 7/09 bl. 20

Tabàky​—Hout as ’n skoonheidsbehandeling

◼ In die dor suidwestelike deel van Madagaskar fynkam vroue die strand op soek na skulpe om aan toeriste te verkoop. Die vroue se gesigte is bedek met ’n wit pasta wat tabàky genoem word. Hierdie fassinerende, veeldoelige gesigsmasker beskerm nie net die vel teen die skerp strale van die son nie, maar dien ook as ’n grimeermiddel.

Tabàky word gemaak van die spinthout van die masonjoany-boom en fihamy-boom (wat ook die aviavy-boom genoem word). Die metode is eenvoudig: ’n Vrou vryf ’n klein stukkie spinthout teen ’n plat klip en voeg dan geleidelik ’n paar druppels water op ’n slag by om ’n pasta te maak. Dan sal sy moontlik ’n klein hout- of plastiekstokkie met ’n geronde of ’n fyn punt in die pasta druk en ’n ontwerp op haar gesig teken.

Party vroue smeer tabàky aan hulle hele gesig en laat net ’n klein gedeelte om die oë oop. Ander verkies om dit net aan hulle voorkop, wange of ken te smeer. Tabàky kan gebruik word om vlekke te bedek of ’n olierige vel te behandel, of dit kan as ’n grimeermiddel gebruik word. Soms word ander bestanddele gebruik, en die kombinasies van vorms, kleure en teksture wat geskep kan word, is dus eindeloos.

Wie sou kon dink dat ’n skoonheidsmiddel uit hout verkry kan word? In Madagaskar, ver van die modesentrums van Parys en New York, is tabàky ’n ongewone, dog praktiese, skoonheidsbehandeling.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel