Hoe sal jy antwoord?
Wat het die droom beteken?
Lees die Bybelverslag wat in Daniël 2:25-45 opgeteken is, en beantwoord die vrae hieronder.
1. Uit watter vier metale bestaan die beeld?
․․․․․
․․․․․
․․․․․
․․․․․
2. Wat beeld die metale af?
․․․․․
3. Wat gebeur met die beeld?
․․․․․
4. Waardeur word die beeld vervang, en hoe lank bly dit voortbestaan?
․․․․․
․․․․․
VIR BESPREKING:
Hoe toon hierdie verslag dat Daniël ’n beskeie man was? Waarom moet jy beskeie wees as jy ’n taak goed kan uitvoer of die een of ander talent het?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 8 Wat moet huweliksmaats gou wees om te doen? Efesiërs 4:․․․
BLADSY 9 Waarop moet huweliksmaats ’n oog hou? Filippense 2:․․․
BLADSY 11 Wat beveel God sy knegte om te vermy? Deuteronomium 18:․․․
BLADSY 21 Wat sal ’n jongmens wees as hy nie net ’n hoorder is nie, maar ook ’n dader? Jakobus 1:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name in die spasies neer.
5. ․․․․․
LEIDRAAD: My kleinseun het die tweede koning van Israel geword.
Lees 1 Samuel 16:13, 14; 1 Kronieke 2:12-15.
6. ․․․․․
LEIDRAAD: Jesaja het voorspel dat een van my nakomelinge sou “opstaan as ’n baken vir die volke”.
Lees Jesaja 11:10.
7. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek was daarvoor bekend dat ek musiekinstrumente gemaak het.
Lees 2 Kronieke 7:6.
◼ Antwoorde op bladsy 22
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Goud, silwer, koper, yster.
2. Vier koninkryke.
3. Dit word verbrysel.
4. God se Koninkryk; dit bly tot onbepaalde tye.
5. Obed.—Lukas 3:31, 32.
6. Isai.—Lukas 3:32.
7. Dawid.—Lukas 3:31.