Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/08 bl. 30
  • Ons Beskou Die Wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons Beskou Die Wêreld
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Meer kwaad as goed”?
  • TV-verslawing in Bhoetan
  • Onderbrekings by die werk
  • Kwaliteitsalternatiewe vir oortappings
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die kosbaarste vloeistof in die wêreld
    Ontwaak!—1990
  • Jou wonderlike rooibloedselle
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 7/08 bl. 30

Ons Beskou Die Wêreld

◼ “Die hoeveelheid [Arktiese] ys wat hierdie jaar [2007] gesmelt het, het ons heeltemal verbyster omdat dit nie net alle vorige rekords gebreek het nie, maar hulle heeltemal verpletter het.”—MARK SERREZE, NASIONALE DATASENTRUM VIR SNEEU EN YS, VSA.

◼ Die Nuwe Ekonomiese Stigting se dinkskrum het geskat dat “as almal hulpbronne teen dieselfde tempo as die Verenigde State gebruik het, 5,3 planete soos die aarde nodig sou wees om almal in die wêreld te onderhou . . . Die syfer was 3,1 vir Frankryk en Brittanje, 3,0 vir Spanje, 2,5 vir Duitsland en 2,4 vir Japan.”—DIE REUTERS-NUUSDIENS, BRITTANJE.

“Meer kwaad as goed”?

“Bloedoortappings van gestoorde mensebloed doen die meeste pasiënte moontlik meer kwaad as goed”, sê ’n verslag van die Mediese Sentrum van Duke-universiteit, in Durham, Noord-Carolina, VSA. Volgens studies kom “hartaanvalle, hartversaking, beroertes en selfs sterftes” meer dikwels voor onder pasiënte wat ’n bloedoortapping ontvang het as onder dié wat nie een ontvang het nie. Waarom? “Stikstofmonoksied in rooibloedselle begin byna onmiddellik afbreek nadat rooibloedselle die liggaam verlaat.” Stikstofmonoksied is noodsaaklik om bloedvate oop te hou sodat rooibloedselle suurstof na die liggaam se weefsels kan dra. “Miljoene pasiënte ontvang waarskynlik oortappings van bloed waarvan die vermoë om suurstof te dra, aangetas is”, sê die verslag.

TV-verslawing in Bhoetan

Die klein koninkryk van Bhoetan in die Himalajas het dekades lank die verlokking van die moderne media weerstaan. Maar nadat baie inwoners gekla het dat hulle nie na die Wêreldbekersokkertoernooi van 1998 kon kyk nie, het die regering in 1999 televisie in die land ingebring. Nou kan mense na 40 kanale kyk en is hulle alreeds verslaaf aan Hollywood-rolprente en Indiese seepoperas, sê ’n verslag uit Bhoetan. In plaas daarvan om saam te sit en sing en gesels, soos in die verlede, kom gesinne bymekaar om TV te kyk. Een vrou kla dat sy nou min tyd oorhet vir enigiets anders—insluitende vir gebed. “Hoewel ek my bidwiel draai”, het sy gesê, “is my gedagtes heeltyd by die TV”, het die dagblad The Peninsula van Katar berig. “Maar wat baie mense vrees, is die koorsagtige kopery wat in ’n groot deel van die buitewêreld voorkom. ‘Televisie en advertensies wek begeertes [wat] moontlik nie bevredig sal word as ’n mens kyk na die ekonomiese situasie van die mense nie.’”

Onderbrekings by die werk

“Kantoorlewe kan soms voel soos ’n nimmereindigende stroom oproepe, boodskappe en onderbrekings”, sê die tydskrif New Scientist. Navorsers het gevind dat ’n toetsgroep van werkers uit die kommunikasiesektor gemiddeld net drie minute werk voordat hulle aandag afgelei word. Aangesien onderbrekings twee uur uit elke werksdag in beslag kan neem, gebruik sommige besige kantoorwerkers rekenaaranalise om te onderskei tussen dringende onderbrekings en dié wat nie so dringend is nie. Wenke wat vir almal nuttig is, is onder meer: “Wees eerlik met mense, . . . sê vir hulle dat jy werklik nie ’n minuut het as jy nie een het nie”, en wees moedig genoeg “om jou e-pos, telefoon en kitsboodskap-sagteware af te skakel totdat jy die taak waarmee jy besig is, voltooi het”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel