Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/08 bl. 32
  • “Dit is eenvoudig wonderlik!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit is eenvoudig wonderlik!”
  • Ontwaak!—2008
Ontwaak!—2008
g 7/08 bl. 32

“Dit is eenvoudig wonderlik!”

◼ Dit is hoe die direkteur van ’n opname oor die huwelik die boek Die geheim van gesinsgeluk beskryf het. ’n Egpaar wat aan die opname deelgeneem het, het vir hom ’n eksemplaar van die boek gegee en verduidelik dat ’n studie daarvan hulle gehelp het om vir die huwelik voor te berei.

Die direkteur van die opname het aan die egpaar geskryf om hulle te bedank vir die “wonderlike geskenk” wat hulle aan hom gestuur het. Hy het sy hoop uitgespreek dat egpare soos hulle ander kon leer “wat nodig is om huwelike sterk en gesond te maak”. Hy was vol vertroue dat publikasies soos Die geheim van gesinsgeluk die paartjie sou help om verskille wat kan opduik, te hanteer. Die direkteur het gesê dat hierdie egpaar se sterk geloof en vertroue op God se hulp hulle tot voordeel strek.

Die direkteur het verduidelik dat hy die boek op sy lessenaar hou en dit vir sy studente wys wanneer hulle raad oor die huwelik vra. “Ek het nog nooit hierdie spesifieke boek gesien nie”, het hy afgesluit, “en dit is eenvoudig wonderlik!”

Duisende egpare regoor die wêreld het al baat gevind by Die geheim van gesinsgeluk. Dit kan jou ook help om Bybelbeginsels toe te pas wat jou gesinslewe gelukkiger sal maak.

Jy kan ’n eksemplaar van hierdie boek met 192 bladsye aanvra deur eenvoudig die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel