Hoe sal jy antwoord?
Wat ontbreek in hierdie prent?
Lees Genesis 19:15-17, 23-26. Kyk nou na die prent. Watter dinge is nie daar nie? Skryf jou antwoorde hieronder neer, en voltooi die prent deur die dinge wat ontbreek, in te teken.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
VIR BESPREKING:
Wat het met Lot se vrou gebeur, en waarom? Watter les het jy uit hierdie verslag geleer?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 6 Wat moet ouers gou wees om te doen? Jakobus 1:․․․_
BLADSY 7 Wat sal ’n seun doen wat aan homself oorgelaat word? Spreuke 29:․․․
BLADSY 10 Hoe voel God oor elkeen wat geweld liefhet? Psalm 11․․․
BLADSY 20 Ons kan seker wees dat God groter is as wat? 1 Johannes 3:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name hieronder neer.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek is een van die tweelingseuns van Juda wat hy by Tamar gehad het, en ek het nie die skarlaken draad aan my hand gehad nie.
Lees Genesis 38:24-30.
5. ․․․․․
LEIDRAAD: My vrou was ’n voormalige prostituut uit die stad Jerigo.
Lees Josua 2:1; Matteus 1:5.
6. ․․․․․
LEIDRAAD: ’n Moabitiese weduwee het my vrou geword.
Lees Rut 4:9, 10.
◼ Antwoorde op bladsy 29
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Lot se vrou.
2. Lot se eerste dogter.
3. Lot se tweede dogter.
4. Peres.—Lukas 3:33.
5. Salmon.—Lukas 3:32.
6. Boas.—Lukas 3:32.