Hoe sal jy antwoord?
Wat ontbreek in hierdie prent?
Lees 1 Samuel 17:38-51. Kyk nou na die prent. Watter dinge is nie daar nie? Skryf jou antwoorde hieronder neer, en voltooi die prent deur die dinge wat ontbreek, in te teken.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
VIR BESPREKING:
Wat het Dawid in staat gestel om Goliat te verslaan? Hoe kan hierdie verslag jou vertroue gee wanneer jy voor probleme te staan kom?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 7 Wat moet mans voortgaan om aan hulle vrouens toe te ken? 1 Petrus 3:․․․
BLADSY 20 Waarvan moet ons seker maak wanneer ons ’n rekenaarspeletjie kies? Efesiërs 5:․․․
BLADSY 29 Waarom moet vrouens aan hulle mans onderdanig wees? 1 Korintiërs 11:․․․
BLADSY 29 Wat moet mans aanhou doen? Efesiërs 5:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name hieronder neer.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: Daar is gesê dat ek ’n seun na Adam se gelykenis, “na sy beeld”, is.
Lees Genesis 5:3.
5. ․․․․․
LEIDRAAD: In my dag “het mense die naam van Jehovah begin aanroep”.
Lees Genesis 4:26.
6. ․․․․․
LEIDRAAD: My kleinseun is die enigste mens op rekord wat langer as ek geleef het.
Lees Genesis 5:18-21, 27.
◼ Antwoorde op bladsy 14
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Goliat se swaard.
2. Goliat se spies.
3. Dawid se slinger.
4. Set.—Lukas 3:38.
5. Enos.—Lukas 3:38.
6. Jared.—Lukas 3:37.