Hoe sal jy antwoord?
Verduidelik die gelykenis
1. Wie het die titel die “Seun van die mens” in die verslag wat opgeteken is in Matteus 25:31-46?
LEIDRAAD: Lees Matteus 16:13-17.
․․․․․
2. Wat bepaal of ’n persoon as ’n skaap of as ’n bok geklassifiseer word?
․․․․․
3. Wat gebeur met die skape en met die bokke?
․․․․․
VIR BESPREKING:
Na presies wie word daar verwys as “my broers”? Wat kan jy doen om hulle te help?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 3 Wat sou spotters gedurende die laaste dae sê? 2 Petrus 3:․․․_
BLADSY 7 Wanneer sal skielike vernietiging kom? 1 Tessalonisense 5:․․․_
BLADSY 20 Waarom moet ’n gesinshoof in die materiële behoeftes van sy of haar gesin voorsien? 1 Timoteus 5:․․․
BLADSY 28 Hoe wil ons ons gedra? Hebreërs 13:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name in die spasies neer.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek is Abraham se oupa.
Lees Genesis 11:24-26.
5. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek het saam met my gesin uit die stad Ur getrek om na die land Kanaän te trek.
Lees Genesis 11:31.
6. ․․․․․
LEIDRAAD: Jehovah het my naam verander omdat hy gesê het dat ek “’n vader van ’n menigte nasies” sou word.
Lees Genesis 17:5.
◼ Antwoorde op bladsy 19
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Jesus.
2. Die manier waarop hy of sy Jesus se geestelike broers behandel.
3. Die skape ontvang ewige lewe; die bokke ewige vernietiging.
4. Nahor.—Lukas 3:34.
5. Tera.—Lukas 3:34.
6. Abraham.—Lukas 3:34.