Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/08 bl. 32
  • Oorkom tienerdepressie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Oorkom tienerdepressie
  • Ontwaak!—2008
Ontwaak!—2008
g 4/08 bl. 32

Oorkom tienerdepressie

LEERDERS wat ’n Engelse kursus in Mexiko gevolg het, is gevra om ’n toespraak oor ’n onderwerp van hulle keuse voor te berei. Maritza verduidelik: “Ek het ’n tyd lank met depressie gesukkel, en die reeks artikels ‘Hulp vir tieners met depressie’, in die Ontwaak! van 8 September 2001, het my gehelp. Ek het dus die inligting in die tydskrif gebruik, en ek het ’n uitstekende punt vir my toespraak gekry. Daarna het ek vir die leerders en die onderwyseresse ’n afskrif van die reeks gegee.”

Twee jaar later het Maritza, terwyl sy aan die Christelike bediening deelgeneem het, ’n leerder teëgekom wat dieselfde Engelse kursus volg. Tot Maritza se verbasing het die leerder vir haar ’n afskrif van die Ontwaak!-artikels oor tienerdepressie gewys. Blykbaar beskou die onderwyseres dit as so waardevol dat sy vir elkeen van haar leerders ’n afskrif daarvan gee!

Meer inligting oor tienerdepressie kan gevind word in die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Van die hoofstukke daarin is “Waarom hou ek nie van myself nie?”, “Waarom raak ek so neerslagtig?” en “Hoe kan ek van my eensaamheid ontslae raak?” Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief ’n eksemplaar van hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel