Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 4/8 bl. 31
  • Wys dat jy omgee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wys dat jy omgee
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Selfmoord—’n plaag onder jongmense
    Ontwaak!—1998
  • ’n Wêreldwye probleem
    Ontwaak!—2001
  • Waarom mense nie meer kans sien vir die lewe nie
    Ontwaak!—2001
  • Selfmoord—Die verborge epidemie
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 4/8 bl. 31

Wys dat jy omgee

Deur Ontwaak!-medewerker in Kanada

Persoonlike angs onder baie bejaardes in Kanada dryf hulle teen ’n onrusbarende tempo tot selfmoord. ’n Berig in die koerant Vancouver Sun sê dat 1 uit 4 selfmoordpogings onder diegene ouer as 65 tot die dood lei, terwyl die verhouding 1 uit 200 vir jongmense is. En daar word aangeneem dat nie eers “alle selfmoorde onder bejaardes aangemeld word nie omdat dit in bejaardes met ernstige gesondheidsprobleme moeilik van natuurlike oorsake onderskei kan word”.

Waarom verloor baie bejaardes die wil om te lewe? Oluwafemi Agbayewa, ’n psigiater van die Universiteit van Brits-Columbië en ’n deskundige op die gebied van selfmoord onder bejaardes, noem depressie, sosiale afsondering en eensaamheid as bydraende faktore. Gerry Harrington, die direkteur van die Sentrum vir Inligting en Opvoeding oor Selfmoord in Calgary, Alberta, sê namate mense ouer word, “verloor hulle hulle aansien, hulle mag, beheer oor hulle lewe. . . . Ewe skielik vra niemand meer hulle mening nie. Te veel mense beland in verpleeginrigtings met niks anders te doen nie as om te sit en kaartspeel en TV kyk.” Hierdie gevoel word vererger deur die feit dat die samelewing baie waarde heg aan jeugdigheid sowel as aan onafhanklikheid, produktiwiteit en vlugheid—juis dié eienskappe wat afneem namate ’n mens ouer word.

Maar in die oë van Jehovah God is bejaardes baie kosbaar. ’n Bewys dat hy hulle emosionele behoeftes baie goed verstaan, kan gesien word in sy opdrag aan die eertydse volk Israel: “Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ’n grysaard eer; en jy moet jou God vrees.”—Levitikus 19:32.

Hoe kan ons dus aan bejaardes “eer” betoon? Alhoewel daar nie gedurigdeur woorde van wysheid uit hulle mond kom nie en hulle onvolmaakthede dalk deur die ouderdom vererger word, verdien hulle ons respek. Wys dat jy omgee. Behandel hulle met waardigheid en gee hulle eer en erkenning deur van hulle insig en wysheid gebruik te maak, veral wanneer hulle lewe deur God se gees en ’n akkurate begrip van sy Woord gerig is.

Daar is nog baie meer inligting in God se Woord oor hoe ons na bejaardes moet omsien en hulle moet eer. Jy kan gerus skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif en vra vir meer inligting oor hoe jy die boek Die geheim van gesinsgeluk kan ontvang.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel