Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 4/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Geteister deur fobies
    Ontwaak!—1998
  • Dengue—’n Koors weens ’n byt
    Ontwaak!—1998
  • Wanneer dit voel of almal jou dophou
    Ontwaak!—1998
  • Dengue—’n Toenemende bedreiging
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 4/8 bl. 30

Van ons lesers

Beheers jou fobies Terwyl ek die artikels oor fobies (22 Julie 1998) gelees het, het ek gevoel asof iemand my ’n vertroostende drukkie gee. Uiteindelik het iemand die nagmerrie verstaan wat my vrou al haar hele lewe lank verduur. Sosiale fobie het haar eindelose ellende besorg. Ek het nooit heeltemal verstaan wat sy deurmaak nie. Haar volslae vrees om in die openbaar te praat, die telefoon te gebruik, met ander te kommunikeer sowel as haar floutes en paniekaanvalle—al hierdie simptome is in julle artikels beskryf. Dit was asof al die stukke van ’n legkaart skielik inmekaargepas het. Baie mense het die paniek en vrees waaraan my vrou ly heeltemal verkeerd verstaan en dit as onbeskoftheid of antisosiale gedrag beskou. Ek hoop dat sulke mense hierdie uitstekende artikels sal lees.

M. C., Skotland

Vroeër vanjaar is daar vasgestel dat my seun, wat net tien jaar oud is, agorafobie het. Dit was vir ons baie moeilik. Daar is twee dinge omtrent die artikels wat ek werklik geniet het. Die eerste een was die deel “Mense ‘met gevoelens soos ons s’n’”. Dit het my seun regtig gehelp om te besef dat hy nie alleen is nie. Die tweede een was die bedagsame manier waarop die artikels geskryf is. Hulle was nie veroordelend of verkleinerend nie, maar hulle is met liefde, goedhartigheid, wysheid en nogmaals liefde geskryf.

K. J., Australië

Ek het gedink hierdie artikels is goed omdat hulle die aandag gevestig het op wat ’n mens kan doen. Julle het die basiese stappe uiteengesit wat dit moontlik maak om fobies te beheers. Dit het my gehelp om te voel dat ek die hulp kan kry wat ek nodig het en dat ek vordering kan maak.

J. I., Japan

Dit was die eerste keer wat ek gevoel het dat iemand my regtig verstaan. Ek kan nie sê hoe goed dit is om te weet dat Jehovah die lyding verstaan wat ’n sosiale fobie kan veroorsaak nie. Die artikels het ook my vriende gehelp om beter te verstaan wat ek deurmaak.

G. O., Duitsland

Ek was verbaas oor die empatie wat julle betoon teenoor diegene, soos ek, wat aan sosiale fobies ly. Hierdie artikels was net wat ons nodig gehad het. Dit het my so bemoedig om te weet dat ander dieselfde probleem het! Ek is gereed om my moue op te rol en hierdie fobie baas te raak.

S. D., Italië

Waarom kan ek nie konsentreer nie? Trane van vreugde het oor my wange gerol toe ek die artikel “Jongmense vra . . . Waarom kan ek nie konsentreer nie?” (22 Julie 1998) lees. Ek is 18 jaar oud en ’n voltydse bedienaar. Ek was bekommerd omdat ek nie kon konsentreer nie, en dit is belangrik sodat ek mense in die veldbediening kan help. Ek het die punt bereik waar ek depressief gevoel het omdat ek dinge nie kon onthou of ontleed nie. Dit is waar, soos die Bybel sê, dat Jehovah voedsel op die regte tyd voorsien.

A. R. C. R., Verenigde State

Wenke vir reisigers ’n Wenk wat nie in “Wenke vir reisigers” in die artikel “Dengue—’n koors weens ’n byt” (22 Julie 1998) gegee word nie, is om snags ’n muskietnet te gebruik, verkieslik een wat met ’n insekdoder behandel is.

I. H., Engeland

Ons waardeer die leser se kommentaar. Hierdie wenk is veral nuttig in die voorkoming van malaria. (Sien die “Ontwaak!” van 22 Julie 1997, bladsy 31.) Maar volgens die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer verkies die muskiet wat denguekoors veroorsaak “om mense gedurende die dag te byt”. Hy byt meestal “soggens ’n paar uur lank ná dagbreek en in die laatmiddag ’n paar uur lank voor donker”. Gevolglik sal die gebruik van ’n muskietnet snags dalk nie baie doeltreffend wees om hierdie spesifieke siekte te voorkom nie.—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel