Hy het die man se geld teruggegee
Terwyl ’n man per taxi tussen stede in Nigerië, Wes-Afrika, gereis het, het hy met ’n medereisiger gepraat oor “Gedrag wat God haat”, ’n les in die brosjure Wat vereis God van ons? Toe die taxi by ’n restaurant stilhou, het die man wat so ’n lewendige belangstelling in die brosjure getoon het na ’n pakkie in sy hand gewys en verduidelik: “Dit is geld. . . . Ek het dit uit een van die tasse agterin die taxi gesteel.”
Die man wat die geld geneem het, was egter nou spyt oor wat hy gedoen het en wou die geld aan die eienaar teruggee. ’n Jong handelaar, ’n medereisiger, het die pakkie as syne geïdentifiseer. Dit het 150 000 naira (ongeveer R10 000) bevat. Die dief, wat sy slagoffer 500 kilometer ver agtervolg het, het vir die handelaar gesê dat hy die een wat die inligting in die brosjure met hom bespreek het, moet bedank. Dit was daardie inligting, het hy verduidelik, wat hom die geld laat teruggee het.
Toe die bestuurder en die ander passasiers uitvind wat gebeur het, was hulle verbaas, en hulle wou almal eksemplare van die brosjure hê. Die handelaar het die Getuies voorheen nooit toegelaat om met hom te praat nie, maar nou wou hy ’n Bybelstudie hê.
Jy kan hierdie nuttige brosjure met 32 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die brosjure Wat vereis God van ons? kan kry.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.