Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 4/8 bl. 20
  • Blokkiesraaisel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Blokkiesraaisel
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Dwars
  • Af
  • Blokkiesraaisel
    Ontwaak!—1998
  • Blokkiesraaisel
    Ontwaak!—1998
  • Blokkiesraaisel
    Ontwaak!—1997
  • Blokkiesraaisel
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 4/8 bl. 20

Blokkiesraaisel

Dwars

1. ’n Natuurverskynsel uit Jehovah se troon wat sy oordeelsboodskappe voorstel (Openbaring 4:5)

9. Die volk moes nie teen die berg Sinai—nie, sodat Jehovah se woede nie teen hulle ontvlam nie (Exodus 19:24)

11. Herodus het die dogter van Herodias tot soveel van sy koninkryk belowe nadat sy gedans het (Markus 6:23)

12. ’n Dier wat vir die Jode baie waardevol was (Spreuke 27:26, 27)

13. Die enigste melaatse wat in die tyd van Elisa gereinig is (Lukas 4:27)

15. Jesus word hierdeur afgebeeld in sy illustrasie van die onkruid in die saailand (Matteus 13:36, 37)

16. Petrus het hierin ’n statermunt gevind waarmee hy die tempelbelasting betaal het (Matteus 17:26, 27)

17. Verdigsels wat Christene van die waarheid kan afkeer (Titus 1:14)

19. Kain het die vrugte hiervan aan Jehovah geoffer (Genesis 4:3)

21. Jesus doen niks op—inisiatief nie (Johannes 8:28)

22. Korter vorm van die Goddelike naam (Openbaring 19:1)

23. Herodus se gevolmagtigde (Lukas 8:3)

25. Die ongeregtigheid van sy seuns het die volk ’n verskoning gegee om te vra dat ’n mensekoning oor hulle aangestel word (1 Samuel 8:1-5)

26. Hierdie bestanddeel in die wyn wat vir Jesus gegee is, het ’n profesie vervul (Psalm 69:22; Matteus 27:34)

27. Diegene wat ’n hemelse opstanding kry, word nie met hierdie soort liggaam opgewek nie (1 Korintiërs 15:40-42)

29. Koning Asa is deur hierdie siener berispe omdat hy met die koning van Sirië ’n verbond gesluit het pleks van op Jehovah te vertrou (2 Kronieke 16:7)

31. Israel het hulle—verhard (Jeremia 7:26)

32. Jesus het na hierdie plant verwys toe hy verduidelik het dat mense, net soos plante, aan hulle vrugte herken sal word [enkelvoud] (Matteus 7:16)

33. Omdat Jehovah dit aan diegene in die hemelse Nuwe Jerusalem doen, sal hulle nooit weer nag, oftewel afsondering van Jehovah, ondervind nie (Openbaring 22:5)

36. Hierdie verstandelike vermoë is nodig om die simboliese beelde in Openbaring te verstaan (Openbaring 13:18; 17:9)

Af

2. Soort boom waaronder Rebekka se oppasser begrawe is (Genesis 35:8)

3. ’n Volgeling van Dawid (1 Konings 1:8)

4. Ons bewys ons liefde aan Jehovah deur dít te onderhou (1 Johannes 5:3)

5. Nimrod se broer (Genesis 10:7, 8)

6. ’n Gepaste vorm van aanbidding (Psalm 147:1)

7. Jesus is dit vir die sondes van die hele wêreld (1 Johannes 2:2)

8. Ons aanbidding sal tevergeefs wees as ons—op gebooie van mense gegrond is (Matteus 15:9)

10. Dié deel van Goliat se spies het 6,8 kilogram geweeg (1 Samuel 17:7)

14. Soveel is by God moontlik (Matteus 19:26)

18. Een van die Netinim wie se afstammelinge in 537 v.G.J. saam met Serubbabel uit Babiloniese gevangenskap teruggekeer het (Nehemia 7:6, 47)

19. Paulus wou dit nie vir die gemeente in Korinte wees nie (2 Korintiërs 11:9)

20. Rivier waar Esra en sekere Jode gevas het voordat hulle die reis na Jerusalem onderneem het (Esra 8:21)

23. Een van die drie stede waar Jesus die meeste van sy kragtige dade verrig het (Matteus 11:21)

24. ’n Hebreeuse profeet en Bybelskrywer (Maleagi 1:1)

28. Soort vervoermiddel wat reeds in die tyd van Moses gebruik is [meervoud] (Deuteronomium 28:68)

30. Saul se oupa (1 Kronieke 8:33)

34. Hoeveel vrouens ’n opsiener mag hê (1 Timoteus 3:2)

35. As een blinde dit aan ’n ander blinde doen, sal hulle albei in ’n gat val (Matteus 15:14)

Oplossing van blokkiesraaisel op bladsy 27

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel