Blokkiesraaisel
Dwars
1. Sulke gereedskap is in die tempel gebruik (2 Konings 25:14)
6. Toe Jakob se naam na Israel verander is, het Jehovah die volgende vir hom gesê: “’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou —” (Genesis 35:11)
9. Hoe Efraim onwettige bondgenootskappe gekry het (Hosea 8:9)
12. ’n Hawestad aan die weskus van Klein-Asië naby die mond van die Kaistrosrivier waar die apostel Paulus saam met Priscilla en Aquila gepreek het (Handelinge 18:19)
13. Offers is hierop gebring (Exodus 30:1)
14. Boodskappers van Kus is hierin oor die waters gestuur (Jesaja 18:2)
15. Hy het Jefta as rigter van Israel opgevolg (Rigters 12:8)
16. Hulle het gaan staan toe Jesus die weduwee van Nain se seun wou opwek (Lukas 7:14)
18. Sulke praatjies is betekenisloos (1 Timoteus 1:6)
20. Hagar het weggevlug omdat Sarai haar só behandel het (Genesis 16:6)
23. “ — jou selfs tot in die dood getrou, en ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openbaring 2:10b)
25. Israel was só ’n wingerdstok (Jeremia 2:21)
26. Eindelik (2 Samuel 2:26)
27. Jehovah sal op dié manier sy wet op die hart van sy geestelike volk vaslê (Jeremia 31:33)
28. ’n Grensstad wat aan Aser gegee is (Josua 19:28)
29. Dit het Petrus laat sink toe hy op die water wou loop (Matteus 14:31)
32. Kan ’n mens dit in ’n krokodil se vel steek? (Job 40:26)
34. Dit is hoe Jehovah se grootheid beskryf word (Psalm 145:3)
Af
2. Dit beteken dieselfde as immuniseer (Romeine 11:23)
3. In ’n brief aan koning Artasasta is Jerusalem as só ’n stad beskryf (Esra 4:15)
4. As ons leer om dit te tel, sal ons ’n wyse hart verkry (Psalm 90:12)
5. ’n Groep koringkorrels aan ’n stingel (Markus 4:28)
6. Een van die houtsoorte wat Jakob gebruik het om latte te maak wat hy by die drinkwater van Laban se vee neergesit het (Genesis 30:37)
7. Hierdie put, wat Isak se diensknegte gegrawe het, se naam beteken “beskuldiging” (Genesis 26:21)
8. Een van die sewe vorste in die ryk van die Meders en die Perse onder koning Ahasveros (Ester 1:14)
9. ’n Demoonbesete man het homself so beseer (Markus 5:5)
10. Hy was ’n afstammeling van Sasak, en sy naam beteken “My God is God” (1 Kronieke 8:22)
11. Hulle woon ’n fees by (Klaagliedere 1:4)
17. Toe Salomo sy eie huis gebou het, het hy granaatjies in twee — om die kapitele van die pilare gerangskik (1 Konings 7:18)
19. Vlesige gedeelte van die bobene (Exodus 28:42)
20. Loon wat soldate ontvang het (Lukas 3:14, AB)
21. Jesus het sy dissipels gewaarsku om versigtig te wees dat dít nie met hulle in die sinagoges gebeur nie (Matteus 10:17)
22. Jona se nasionaliteit (Jona 1:9)
23. Dit word met alle Joodse seuntjies gedoen wanneer hulle agt dae oud is (Lukas 2:21)
24. ’n Vyeboom kan dit nie dra nie (Jakobus 3:12)
30. Om graan van kaf te suiwer (Rut 3:2)
31. Honderd jaar (Prediker 3:11)
33. In die laaste dae sal dit kritiek wees (2 Timoteus 3:1)
Oplossing van blokkiesraaisel op bladsy 24