Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 1/22 bl. 31
  • Emmy Zehden-weg—die verhaal agter die naam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Emmy Zehden-weg—die verhaal agter die naam
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat het met Jehovah se Getuies gedurende die Nazi-slagting gebeur?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Jy kan volhard, soos Petrus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Berlyn—’n Spieël van ons wêreld?
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 1/22 bl. 31

Emmy Zehden-weg—die verhaal agter die naam

IN Mei 1992 is ’n straat in Berlyn, Duitsland, vernoem na Emmy Zehden, een van Jehovah se Getuies.

Emmy is in 1900 gebore. Sy was getroud met ’n Joodse sakeman, Richard Zehden, wat tydens die Nazi-regime in die Auschwitz-konsentrasiekamp gesterf het. Richard en Emmy het ’n pleegseun, Horst Schmidt, gehad. Horst en twee ander jong Getuies van Jehovah is gedwing om weg te kruip toe hulle vir militêre diens opgeroep is.

Emmy het vir Horst en sy twee vriende skuilplek gegee. Na verloop van tyd is hulle egter ontdek. Al vier is ter dood veroordeel—die drie seuns omdat hulle geweier het om militêre diens te doen en Emmy omdat sy hulle weggesteek het. Horst se twee vriende is onthoof. Emmy het aansoek gedoen om kwytskelding, maar dit is geweier. Sy is op 9 Junie 1944 by Plötzensee in Berlyn onthoof.a Horst Schmidt het die Nazi-vervolging oorleef en is later getroud met ’n Getuie wat die konsentrasiekampe oorleef het.

Op 7 Mei 1992 is ’n straat in Berlyn na Emmy Zehden vernoem. In ’n toespraak deur ’n Duitse amptenaar is sy vir haar moed geprys en ’n voorbeeld van die talle ‘vergete slagoffers’ van die oorlog genoem.

[Voetnoot]

a Volgens amptelike dokumente wat by die Berlyn-Plötzensee-museum uitgestal word, is Emmy Zehden op 9 Junie 1944 tereggestel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel