Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 11/8 bl. 31
  • “Ons skande is vir die hele wêreld sigbaar”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ons skande is vir die hele wêreld sigbaar”
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • “’n Seksuele krisis” onder die geestelikes
    Ontwaak!—1990
  • Waarom verloor die kerk sy invloed?
    Ontwaak!—1996
  • Pedofielpriesters se slagoffers praat openlik
    Ontwaak!—1993
  • Waarom die verdeeldheid?
    Ontwaak!—1990
Ontwaak!—1990
g90 11/8 bl. 31

“Ons skande is vir die hele wêreld sigbaar”

DIE volgende opskrif het in The New York Times van 20 Julie 1990 verskyn: “Geestelike se seksskandaal laat Kanadese aartsbiskop bedank.” Waaroor het die berig gehandel? Alweer ’n saak van geestelikes wat aangekla word weens die seksuele misbruik van seuns. Hierdie keer was die skandaal in die provinsie Newfoundland, Kanada, en die geestelikes was Katolieke. Wat het dit anders gemaak?

Die Times het berig: “Die aartsbiskop van Newfoundland het bedank na beskuldigings dat die hiërargie van die Rooms-Katolieke Kerk die oë gesluit het vir en versuim het om doeltreffend op te tree tydens ’n drie jaar lange skandaal oor die vermeende seksuele misbruik van altaardienaars, verweesde jeugdiges en ander deur Rooms-Katolieke priesters en kerkleke.” Een priester is in 1979 vir die eerste keer weens growwe onsedelikheid aangekla en is onlangs vier jaar tronkstraf opgelê nadat hy op 36 klagte skuld erken het!

Gewoonlik word hierdie sake stil gehou, en geen betekenisvolle dissiplinêre stappe word gedoen nie. ’n Priester word soms oorgeplaas na ’n ander gemeente of diens, waar die onsedelikheid dalk weer begin. By hierdie geleentheid is die aartsbiskop beweeg om te bedank nadat hy gesê het: “Ons is ’n sondige kerk. Ons is naak. Ons woede, ons pyn, ons lyding, ons skande is vir die hele wêreld sigbaar.”—Vergelyk Openbaring 17:15-18.

’n Geregtelike ondersoek het getoon dat die beskuldigings oor ’n tydperk van 15 jaar ingebring is, maar die polisie en regeringsamptenare het versuim “om beslissend teen die oortreders op te tree”. En selfs erger, die kerkhiërargie het versuim om beslissend op te tree. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle meer bekommerd is oor die oortredende priesters as oor die slagoffers. Maar wat sê die Katolieke Bybel oor sulke onsedelike gebruike?

Die New American Bible, St. Joseph Edition, sê met betrekking tot diegene wat hulle aan perversie skuldig gemaak het: “God het hulle oorgegee aan hulle drange na onrein gebruike; hulle het hulle liggame onder mekaar onteer . . . en die mans het die natuurlike omgang met vroue laat vaar en het gebrand van begeerte vir mekaar. Mans het skandelike dinge met mans bedrywe . . . Hulle ken God se regverdige verordening dat almal wat sulke dinge doen die dood verdien; tog doen hulle nie net hierdie dinge nie, maar hulle keur dit ook goed as ander dit doen.”—Romeine 1:24-32.

Wat sê die Katolieke Bybel sal met enige sodanige onberouvolle persoon gebeur? “Kan julle nie besef dat die onheiliges nie die koninkryk van God sal beërwe nie? Moenie julleself bedrieg nie: geen hoereerders, . . . geen seksueel verdorwenes . . . sal die koninkryk van God beërwe nie.” Vir sulke persone is daar nogtans dissipline wat op die Bybel gegrond is: uitsetting uit die Christengemeente, soos Paulus gesê het: “Ek het in my brief aan julle geskryf om nie met onsedelike mense om te gaan nie . . . , en nie met enigiemand om te gaan wat die titel ‘broer’ dra as hy onsedelik is nie . . . Dit is duidelik dat julle nie saam met so ’n mens moet eet nie. . . . ‘Verwyder die slegte mens onder julle uit.’”—1 Korinthiërs 5:9-13; 6:9, 10, NAB.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel