Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 9/8 bl. 31
  • Beslissing brei regte van pasiënte uit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beslissing brei regte van pasiënte uit
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Die stryd om godsdiensvryheid
    God se Koninkryk regeer!
  • Hospitale—Wanneer jy ’n pasiënt is
    Ontwaak!—1991
  • Jou lewe, jou onkreukbaarheid en die kaartjie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Jongmense met “krag wat die normale te bowe gaan”
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 9/8 bl. 31

Beslissing brei regte van pasiënte uit

“DIE reg van ’n persoon om sy of haar eie liggaam te beheers is ’n konsep wat al lank in die gemene reg erken word”, het regter Sydney Robins van die Appèlhof van Ontario, Kanada, gesê. Maar wat het in die eerste plek tot hierdie geskil aanleiding gegee?

In 1979 was mnr. en mev. Malette van Quebec, Kanada, in ’n motorongeluk betrokke waarin die man gesterf het en die vrou ernstig beseer is en sy haar bewussyn verloor het. Toe sy inderhaas na die hospitaal geneem is, is daar ontdek dat sy ’n getekende Medical Directive/Release Card by haar gehad het. Dit het duidelik gesê dat sy bloedoortappings om spesifieke godsdiensredes weier. (Daar is ook gesondheidsgevare verbonde aan bloedoortappings.) Die dokter wat haar behandel het, was van mening dat haar toestand kritiek is, en het daardie instruksies geïgnoreer en eiemagtig bloed toegedien. Mev. Malette het gevolglik die dokter en die hospitaal weens aanranding en godsdiensdiskriminasie gedagvaar. Sy is R52 000 in die laer hof toegeken. Die dokter en die hospitaal het die saak na die appèlafdeling van die Hooggeregshof van Ontario geappelleer.

Een van die argumente wat in die Appèlhofuitspraak ten gunste van mev. Malette herhaal is, was:

“Die reg om behandeling te weier is ’n inherente deel van die oppergesag van die pasiënt se reg oor sy eie liggaam. . . . Redelike maatskaplike kommentaar erken dat sekere lewensaspekte tereg belangriker as lewe self geag word, hoe heilig lewe ook al is. Sodanige verhewe en agtenswaardige motiewe is al lank in die gemeenskap gewortel, of dit nou vir patriotisme in oorlog, [of] die beskerming van die lewe van ’n gade, seun of dogter . . . is. Die weiering van mediese behandeling op godsdiensgronde is so ’n beginsel.”

Die Appèlhofuitspraak het voorts gesê: “Die pasiënt moet finaal besluit of hy die behandeling wil ondergaan of nie, ongeag die dokter se mening. . . . As ’n dokter voortgaan ondanks ’n besluit om die behandeling te weier, sal hy privaatregtelik aanspreeklik wees vir sy ongemagtigde optrede . . . ’n Dokter kan ewe min ’n pasiënt se instruksies wat vooraf gegee word [soos die Medical Directive/Release Card wat deur Jehovah se Getuies gedra word], veronagsaam as wat hy instruksies kan veronagsaam wat tydens die noodgeval gegee word.” Die hof het bygevoeg dat “om ’n oortapping aan ’n Jehovasgetuie te gee ondanks haar uitdruklike instruksies om dit nie te doen nie . . . haar reg om haar eie liggaam te beheers skend en minagting toon vir die godsdiensnorme waarvolgens sy gekies het om te leef”.

Die appèlregter het toe ’n kragtige argument aangevoer teen die dokter wat beweer het dat die kaart waardeloos was met betrekking tot hierdie noodgeval. “Ek stem nie saam . . . dat die kaart van die Jehovasgetuies niks meer as ’n betekenislose stukkie papier kan wees nie. . . . Die instruksies op die kaart van die Jehovasgetuies het ’n geldige beperking met betrekking tot die noodbehandeling wat aan mev. Malette verskaf kon word, opgelê en het bloedoortappings uitgesluit. . . . Dit is duidelik dat haar geskrewe verklaring bedoel is om haar wense uit te druk wanneer sy nie in staat is om self te praat nie.”

In sy slot het die regter die logiese argument aangevoer dat wanneer Getuies bloedoortappings weier “hulle die gevolge van hulle besluit moet dra. Nòg hulle nòg hulle afhanklikes kan later sê dat die kaart nie hulle ware wense uitgedruk het nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel