Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Februarie Bybelstudies te begin
“Die mense met wie ons praat, het verskillende menings oor die Bybel. Party glo dat dit God se Woord is, terwyl ander dit as ’n doodgewone boek beskou. Hoe beskou jy die Bybel?” Wag vir ’n antwoord. Wys vir die persoon die agterblad van Die Wagtoring van 1 Februarie en bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Februarie
“Die meeste mense sal graag ’n einde aan oorlog wil sien. Dink jy dat wêreldvrede ’n realistiese doelwit is? [Wag vir ’n antwoord.] Let op die Bybel se belofte. [Lees Psalm 46:9.] Interessant genoeg gee die gebeurtenisse gedurende die Eerste Wêreldoorlog en daarna ons die vertroue dat God binnekort hierdie profesie sal vervul en vir ewig ’n einde aan oorlog sal maak. Hierdie tydskrif bespreek dit verder.”
Ontwaak! Februarie
“Ons besoek u kortliks om ’n algemene probleem te bespreek. Dit lyk asof daar nooit genoeg tyd is om by alles uit te kom nie. Dink u dat ons so besig is omdat ons te veel het om te doen of omdat ons te veel tyd vermors? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense is nie daarvan bewus dat die Bybel ons praktiese raad gee wat ons help om ons tyd wyslik te benut nie. Hier is ’n voorbeeld. [Lees Filippense 1:10a.] Hierdie tydskrif bespreek vier strategieë wat baie mense al gehelp het om hulle tyd beter te benut.”