Velddiensglanspunte
Gedurende Julie het Namibië ’n nuwe hoogtepunt bereik van 2 080 verkondigers—’n toename van tien persent in die gemiddelde verkondigers oor die afgelope jaar. Die verkondigers is ywerig vir die bediening, met ’n gemiddelde van 13,6 uur elk. Gedurende Julie is altesaam 4 133 Bybelstudies gerapporteer. Daar is ’n dringende behoefte aan meer verkondigers in Namibië. Enigiemand wat in staat is om na Namibië te trek, veral diegene wat in Namibië gebore is, word aangespoor om biddend te oorweeg of hulle na Namibië kan trek.—Hand. 16:9, 10.