Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 26 Augustus 2013 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die datum waarop elke punt gedek moet word, word ingesluit sodat navorsing gedurende die weeklikse voorbereiding vir die skool gedoen kan word.
1. Watter baie belangrike les kan ons leer uit koning Herodes se gewillige aanvaarding van ongepaste lof en heerlikheid van mense? (Hand. 12:21-23). [1 Jul., w08 5/15 bl. 32 par. 7]
2. Hoe kan jong Christene daarby baat vind as hulle Timoteus se voorbeeld ondersoek en volg? (Hand. 16:1, 2). [8 Jul., w08 5/15 bl. 32 par. 10]
3. Hoe het Aquila en Priscilla vir Apollos op liefdevolle wyse gehelp nadat hulle hom met vrymoedigheid in die sinagoge in Efese hoor spreek het? (Hand. 18:24-26). [15 Jul., w10 6/15 bl. 11 par. 4]
4. Watter skriftuurlike grondslag is daar vir Jehovah se Getuies om van die howe van die land gebruik te maak om hulle reg om te preek te verdedig? (Hand. 25:10-12). [22 Jul., bt bl. 198 par. 6]
5. Hoe het die apostel Paulus voortgegaan om maniere te vind om te getuig selfs terwyl hy in Rome in aanhouding was, en hoe volg Jehovah se hedendaagse knegte sy voorbeeld? (Hand. 28:17, 23, 30, 31). [29 Jul., bt bl. 215-217 par. 19-23]
6. Waarom veroordeel die Bybel homoseksuele dade as onnatuurlik en onwelvoeglik? (Rom. 1:26, 27). [5 Aug., g 1/12 bl. 28 par. 7]
7. Hoe kon “die losprys wat [in 33 HJ] deur Christus Jesus betaal is”, “die sondes [dek] wat in die verlede plaasgevind het” voordat dit betaal is? (Rom. 3:24, 25). [5 Aug., w08 6/15 bl. 29 par. 6]
8. Watter liefdevolle voorsiening het Jehovah gemaak vir wanneer ons voor uiters moeilike situasies te staan kom en ons nie weet presies waarvoor om te bid nie? (Rom. 8:26, 27). [12 Aug., w08 6/15 bl. 30 par. 10]
9. Wat word geïmpliseer deur die vermaning “volg die weg van gasvryheid”? (Rom. 12:13). [19 Aug., w09 10/15 bl. 5-6 par. 12-13]
10. Hoe ‘beklee ons ons met die Here Jesus Christus’, soos Paulus ons aanraai? (Rom. 13:14). [26 Aug., w05 1/1 bl. 11-12 par. 20-22]