Wend ’n spesiale poging aan om op die eerste Saterdag Bybelstudies te begin
Vanaf Mei 2011 is verkondigers aangemoedig om Bybelstudies op die eerste Saterdag van elke maand te probeer begin. Om ons hiermee te help, verskyn die rubriek “Antwoorde op Bybelvrae” in die publieke uitgawe van Die Wagtoring. Tydens die velddiensvergadering op die eerste Saterdag van die maand, moet daar dus bespreek word hoe hierdie rubriek gebruik kan word om Bybelstudies te begin en moet ’n demonstrasie van ’n aanbieding ingesluit word.
Die ouer manne kan besluit of elke velddiensgroep op die eerste Saterdag afsonderlik bymekaar sal kom óf hulle kan reël dat al die groepe by die Koninkryksaal bymekaarkom. Maar as meer as een gemeente die Koninkryksaal gebruik, moet hierdie spesiale reëling om Bybelstudies te begin nie na ’n ander dag geskuif word sodat ’n gekombineerde velddiensvergadering gehou kan word nie.