DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hulp om uitstellery te vermy
’n Persoon wat dinge uitstel, doen nie dadelik die dinge wat hy kan of moet doen nie. Dit beskryf beslis nie hoe Jehu opgetree het toe Jehovah vir hom die opdrag gegee het om die huis van Agab uit te roei nie (2Kn 9:6, 7, 16). Party mense sê: “Miskien sal ek my oor ’n paar jaar laat doop.” “Ek hoop om binnekort die Bybel elke dag te lees.” “Ek sal begin pionier sodra ek ’n beter werk kry.” Die Bybel kan ons help om nie uit te stel wanneer dit by sekere aspekte van ons aanbidding kom nie.
Hoe kan die volgende verse ons help om dinge nie uit te stel nie?