DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Die waarde van “twee muntstukkies”
Die waarde van die weduwee se bydrae was skaars genoeg om ’n eenvoudige ete te koop. (Sien die studienota “alles . . . waarvan sy moes lewe” oor Lukas 21:4 in nwtsty.) Maar haar bydrae het haar groot liefde en waardering vir Jehovah se reëlings vir aanbidding gewys. En daarom het dit groot waarde in die oë van haar hemelse Vader gehad. – Mr 12:43.
KYK NA DIE VIDEO ‘VUL JOU HAND MET ’N GESKENK AAN JEHOVAH’, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Wat is ’n paar van die aktiwiteite wat deur ons bydraes ondersteun word?
Hoekom is ons bydraes waardevol al lyk dit asof die bedrag wat ons gee klein is?
Hoe kan ons meer uitvind oor die opsies vir donasies wat beskikbaar is waar ons woon? – Sien die venster: “Hoe om dit aanlyn te doen”