Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Augustus bl. 5
  • Loof Jehovah as ’n pionier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof Jehovah as ’n pionier
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Meer geleenthede om Jehovah te loof
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Sal jy in April as ’n hulppionier dien?
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Augustus bl. 5
’n Broer by die strand lees vir ’n man ’n Bybelvers.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Loof Jehovah as ’n pionier

Die Israeliete het goeie en belangrike redes gehad om Jehovah te loof. Hy het hulle uit Egipte uitgelei en hulle van Farao se leërmag gered! (Eks 15:1, 2). Jehovah doen nog steeds goeie dinge vir sy volk. Hoe kan ons wys dat ons dankbaar is? – Ps 116:12.

Een manier is om as ’n hulppionier of ’n gewone pionier te dien. Jy kan bid vir die begeerte en die krag (Flp 2:13). Baie begin deur eers hulppionierdiens te doen. As jy in Maart of April of in die maand van die kringopsiener se besoek hulppionierdiens doen, kan jy kies of jy 30 of 50 ure velddiens wil doen. Nadat jy gesien het hoe gelukkig dit jou maak om as ’n hulppionier te dien, sal jy dalk as ’n gewone pionier wil begin dien. Selfs party wat voltyds werk of wie se gesondheid swak is, kon al as gewone pioniers dien (mwb16.07 8). Jehovah verdien werklik alles wat ons doen om hom te loof! – 1Kr 16:25.

KYK NA DIE VIDEO DRIE SUSTERS IN MONGOLIË, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Drie susters in Mongolië’. Undraa, een van die pioniersusters, maak reg om op ’n bus te klim.

    Watter uitdagings het die drie susters gehad en wat het hulle gedoen om dit te hanteer sodat hulle kon pionier?

  • ’n Toneel uit die video ‘Drie susters in Mongolië’. Oyun, een van die pioniersusters, werk in die eetsaal by Bethel.

    Watter seëninge het hulle gekry?

  • ’n Toneel uit die video ‘Drie susters in Mongolië’. Dorjkhand, een van die pioniersusters, preek vir ’n man in velddiens.

    Watter nuwe geleenthede het hulle in Jehovah se diens gekry terwyl hulle gewone pioniers was?

  • ’n Toneel uit die video ‘Drie susters in Mongolië’. Die drie pioniersusters en hulle ma.

    Watter uitwerking het hulle voorbeeld op ander gehad?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel