SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 15-16
Sing om Jehovah te loof
Musiek kan ’n groot invloed hê op wat ons dink en hoe ons voel. Om te sing is ’n belangrike deel van ons aanbidding van Jehovah.
Moses en die Israeliete het gesing om Jehovah te loof toe hy hulle deur ’n wonderwerk by die Rooisee gered het
Koning Dawid het 4 000 manne aangewys om as musikante en sangers by die tempel te dien
Die aand voordat Jesus gesterf het, het hy en sy getroue apostels gesing om Jehovah te loof
Wat is party geleenthede wanneer ek kan sing om Jehovah te loof?