DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Loof Jehovah as ’n pionier
Die Israeliete het goeie en belangrike redes gehad om Jehovah te loof. Hy het hulle uit Egipte uitgelei en hulle van Farao se leërmag gered! (Eks 15:1, 2). Jehovah doen nog steeds goeie dinge vir sy volk. Hoe kan ons wys dat ons dankbaar is? – Ps 116:12.
Een manier is om as ’n hulppionier of ’n gewone pionier te dien. Jy kan bid vir die begeerte en die krag (Flp 2:13). Baie begin deur eers hulppionierdiens te doen. As jy in Maart of April of in die maand van die kringopsiener se besoek hulppionierdiens doen, kan jy kies of jy 30 of 50 ure velddiens wil doen. Nadat jy gesien het hoe gelukkig dit jou maak om as ’n hulppionier te dien, sal jy dalk as ’n gewone pionier wil begin dien. Selfs party wat voltyds werk of wie se gesondheid swak is, kon al as gewone pioniers dien (mwb16.07 8). Jehovah verdien werklik alles wat ons doen om hom te loof! – 1Kr 16:25.
KYK NA DIE VIDEO DRIE SUSTERS IN MONGOLIË, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Watter uitdagings het die drie susters gehad en wat het hulle gedoen om dit te hanteer sodat hulle kon pionier?
Watter seëninge het hulle gekry?
Watter nuwe geleenthede het hulle in Jehovah se diens gekry terwyl hulle gewone pioniers was?
Watter uitwerking het hulle voorbeeld op ander gehad?