DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
“Ondersoek die Skrif elke dag – Vind jy daarby baat?”
Is dit deel van jou geestelike roetine om die Bybelteks en kommentaar vir die dag uit Ondersoek die Skrif elke dag te lees? Kan jy dit deel van jou roetine maak as jy dit nog nie gedoen het nie? Baie doen dit vroeg in die oggend sodat hulle daaroor kan nadink terwyl hulle met hulle daaglikse aktiwiteite besig is (Jos 1:8; Ps 119:97). Hoe kan jy selfs meer baat vind by die teks? Lees die konteks van die Bybelvers om die agtergrond te kry. Probeer om aan ’n Bybelverslag te dink wat die beginsel in die teks illustreer. Pas dan die beginsel in jou eie lewe toe. Dit sal jou help om goeie besluite in jou lewe te maak en vir jou baie voordele inhou as jy volgens God se Woord lewe. – Ps 119:105.
Elke oggend net ná ontbyt bespreek Bethelgesinne regoor die wêreld Ondersoek die Skrif elke dag. In onlangse jare is baie van hierdie besprekings op JW Broadcasting® geplaas onder die kategorie SPESIALE PROGRAMME EN VERGADERINGE. Wanneer laas het jy na een of meer van hulle gekyk? Dalk is party van die onderwerpe presies wat jy nodig het. Byvoorbeeld, hoe kan die verslag oor Lot jou besluite beïnvloed?
KYK NA DIE VIDEO MOENIE DIE WÊRELD LIEFHÊ NIE (1JO 2:15), EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Op watter Bybelbeginsel is hierdie Oggendaanbidding-bespreking gebaseer?
Hoe wys die verslag van Lot wat die gevare is wanneer ons die wêreld of die dinge in die wêreld liefhet? – Ge 13:12; 14:12; 19:3, 12, 13, 24-26
Hoe wys ons dat ons Jehovah liefhet, en nie die wêreld of die dinge in die wêreld nie?
Hoe kan ek regdeur die dag wys dat Jehovah se Woord vir my belangrik is?