Voorbereiding is nodig om met vaardigheid te onderrig
Jesus is by ten minste twee geleenthede dieselfde vraag oor die ewige lewe gevra, maar hy het sy antwoord elke keer aangepas by die behoeftes van die persoon wat die vraag gevra het (Luk. 10:25-28; 18:18-20). Daarom moet ons voorberei met die student in gedagte, al is ons goed vertroud met die Bybelstudiemateriaal. Watter punte sal moontlik vir hom moeilik wees om te verstaan of te aanvaar? Watter van die tekste moet ons saam met hom lees? Hoeveel materiaal moet ons probeer dek? Dalk moet ons ’n illustrasie, ’n verduideliking of ’n reeks vrae voorberei wat die student sal help om die inligting te verstaan. En aangesien dit Jehovah is wat die saad van waarheid in die hart laat groei, moet ons Jehovah se seën vra op ons voorbereiding, op ons student en op ons pogings om hom geestelik te help.—1 Kor. 3:6; Jak. 1:5.