Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/09 bl. 2
  • “Gloei van die gees”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Gloei van die gees”
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Handhaaf ons ywer in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Ons moet ons ywer vir die bediening behou
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Sal jy gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen die ywer van Jehovah en Jesus navolg?
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Behou jou ywer vir die bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 11/09 bl. 2

“Gloei van die gees”

1. Waardeur moet ons predikingswerk gekenmerk word?

1 Geen aspek van ons Christelike diens moet staties wees nie. Ons word eerder aangemoedig om te “gloei van die gees” en om ‘Jehovah as slawe te dien’ (Rom. 12:11). Maar daar is baie dinge wat kan veroorsaak dat ons ywer vir ons bediening afneem. Hoe kan ons ons ywer en geesdrif vir ons Koninkryksdiens ‘soos ’n vuur aanwakker’?—2 Tim. 1:6, 7.

2. Watter verband is daar tussen persoonlike Bybelstudie en ’n ywerige bediening?

2 Persoonlike Bybelstudie: ’n Doeltreffende Koninkryksverkondiger is iemand wat God se wet liefhet en diep geraak word deur die waarhede daarin (Ps. 119:97). Wanneer Bybelse skatte gedurende persoonlike studie ontdek word, roer dit ons hart en vergroot dit ons ywer. Liefde vir die Voorsiener van sulke waarhede en ons begeerte om goeie nuus aan ander oor te dra, beweeg ons om lof aan God te bring en sy naam in die openbaar bekend te maak (Heb. 13:15). As ons die goeie nuus in alle erns verkondig, weerspieël dit ongetwyfeld ons diepe waardering vir die waarde daarvan.

3. Hoe kan God se gees ’n invloed op ons bediening hê?

3 Bid vir God se gees: Dit is onmoontlik om in ons eie krag ’n doeltreffende bediening te hê. Ware ywer word verkry wanneer God se gees vryelik vloei (1 Pet. 4:11). As ons nader aan die Bron van “dinamiese energie” kom, sal dit ons die geestelike krag gee om moedig te getuig (Jes. 40:26, 29-31). Toe die apostel Paulus voor teëspoed in sy bediening te staan gekom het, het hy “die hulp verkry . . . wat van God kom” (Hand. 26:21, 22). Jehovah se versterkende heilige gees kan ons help om ywerig in ons bediening te wees, en om dié rede moet ons daarvoor bid.—Luk. 11:9-13.

4. Watter goeie resultate kan ywer meebring, maar waarop moet ons let?

4 Vurige ywer vir die Koninkrykspredikingswerk wek dikwels groter ywer by mede-Christene (2 Kor. 9:2). Mense in die gebied is meer geneig om te reageer op ’n boodskap wat met geesdrif en oortuiging oorgedra word. Maar ywer moet altyd met takt en sagmoedigheid gepaardgaan (Tit. 3:2). Ons probeer te alle tye die huisbewoner met waardigheid behandel en sy keusevryheid respekteer.

5. Watter geïnspireerde vermaning moet ons probeer toepas?

5 Mag ons as Koninkryksverkondigers altyd “gloei van die gees”. Laat ons ywer aankweek deur persoonlike Bybelstudie en ernstige gebed tot Jehovah, die een wat ons van sy dinamiese heilige gees kan voorsien. Sodoende kan ons ons bediening ywerig uitvoer “met heilige gees en sterk oortuiging”.—1 Tess. 1:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel