Maak goeie gebruik van ons publikasies
1. Hoe kan ons Jesus se voorbeeld van waardering vir Jehovah se voorsienings navolg?
1 Nadat Jesus ’n groot skare wonderdadig gevoed het, het hy gereël dat die oorskietkos bymekaargemaak word (Matt. 14:19-21). Sy waardering vir Jehovah se voorsienings is vir ons ’n goeie voorbeeld om te “toon dat [ons] dankbaar is”, deur goeie gebruik te maak van alles wat Jehovah deur middel van die “getroue bestuurder” voorsien.—Kol. 3:15; Luk. 12:42; Matt. 24:45-47.
2. Hoe kan ons keer dat tydskrifte ophoop?
2 Tydskrifte: Tydskrifte kan maklik ophoop. As ons gereeld te veel tydskrifte het, moet ons die aantal wat ons aanvra, verminder. Wat van ouer tydskrifte? Hulle verloor nie hulle waarde met die verloop van tyd nie. As ons ’n klomp ouer tydskrifte het, kan die diensopsiener of ’n ander ouer man ons dalk help om doeltreffende maniere te vind om dit te versprei.
3, 4. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons lektuur by die Koninkryksaal kry?
3 Ander lektuur: Wanneer die lektuuraanbod verander, moet jy eers kyk of jy reeds eksemplare van die publikasie by die huis het om in die bediening te gebruik voordat jy bykomende eksemplare daarvan by die Koninkryksaal kry. Hou in gedagte dat jy net genoeg eksemplare vir die week moet kry en, eers nadat dit versprei is, nog by die toonbank moet gaan haal.
4 Wanneer dit kom by persoonlike eksemplare, moet jy net aanvra wat jy werklik nodig het. Skryf jou naam in die ruimte wat daarvoor voorsien word. Dit sal jou help om nie jou persoonlike eksemplaar te verloor nie. As jy Watchtower Library op CD-ROM gebruik en jy jou persoonlike eksemplare van die tydskrifte gehou het, hoef jy moontlik nie die Wagtoring- en Ontwaak!-bundels aan te vra nie.
5. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons ons publikasies by ander laat?
5 Verspreiding van publikasies: Ons probeer om ons publikasies slegs by mense te laat wat opregte belangstelling toon. Hou in gedagte dat ons hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik is om die koste te dek van hierdie waardevolle hulpmiddels in ons bediening. Wanneer jy ’n publikasie by belangstellendes laat, moet jy nie huiwer om hulle te vertel van die voorreg wat hulle het om die wêreldwye werk met hulle bydrae te ondersteun nie.
6. Waarom heg ons soveel waarde aan ons publikasies, en wat sal dit ons beweeg om daarmee te doen?
6 Jesus het fisiese voedsel wonderbaarlik aan ander voorsien, maar hy het mense meer dikwels geestelik gevoed. Jesus het gesê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit Jehovah se mond kom” (Matt. 4:4). Ons publikasies leer mense Bybelwaarhede wat noodsaaklik is om die ewige lewe te verkry (Joh. 17:3). Hulle is veels te kosbaar om te vermors!