Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/05 bl. 8
  • Gebruik ons Bybellektuur wyslik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik ons Bybellektuur wyslik
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Waardeer jy ons lektuur?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Verspreiding van lektuur in veeltalige gebied
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Bied die goeie nuus aan—Deur publikasies verstandig te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 12/05 bl. 8

Gebruik ons Bybellektuur wyslik

1, 2. Hoe voel baie mense oor ons lektuur, en watter vraag ontstaan gevolglik?

1 “Ek lees julle publikasies al van 1965 af. Ek raadpleeg die Bybel wanneer ek lees, en alles in julle lektuur stem met die Bybel ooreen. Ek wou nog altyd weet wat die ware feite omtrent God en Jesus is, en ek kan in alle eerlikheid sê dat ek betroubare antwoorde in julle leesstof en die Bybel vind.” Dit is wat ’n man na die hoofkwartier van Jehovah se Getuies geskryf het. In dieselfde brief het hy ook ’n Bybelstudie gevra.

2 Soos hierdie dankbare man, waardeer miljoene mense oor die hele wêreld die Bybelstudiehulpe wat “die getroue en verstandige slaaf” voorsien (Matt. 24:45). ’n Ontsaglike hoeveelheid lektuur word elke jaar vervaardig om opregtes van hart te help om “tot juiste kennis van die waarheid [te] kom” (1 Tim. 2:4). Hoe kan ons ons Bybellektuur wyslik gebruik?

3. Hoe kan ons voorkom dat lektuur vermors word?

3 Voorkom vermorsing: Met verloop van tyd kan ons meer lektuur vergaar as wat ons sal gebruik. Wat kan ons doen sodat ons kosbare publikasies nie vermors word nie? Onderskeidingsvermoë is nodig wanneer ons lektuur neem om in die bediening te gebruik. In plaas daarvan om baie eksemplare te neem van ’n publikasie wat ons gaan aanbied, kan ons dalk net een of twee neem en nog gaan haal nadat ons dit by mense gelaat het. Dit sal voorkom dat ’n groot voorraad lektuur in ons huise ophoop. As ons baie tydskrifte het wat ons nog nie versprei het nie, sal dit ook gepas wees om ons bestelling te verminder.

4. Wat kan gedoen word as ’n gemeente te veel van sekere lektuuritems het?

4 Lektuuritems waarvan daar te veel is: As die gemeente te veel van sekere publikasies het, kan die lektuurkoördineerder by ander gemeentes in die omgewing hoor of hulle hierdie lektuur kan gebruik. Verkondigers kan ouer publikasies vir ongelowige familielede, Bybelstudente en ander aanbied. Mense wat onlangs met die gemeente begin omgaan het, sal dit moontlik waardeer om hierdie ouer publikasies in hulle persoonlike teokratiese biblioteek te hê.

5. Hoe kan ons waardering vir ons lektuur toon?

5 Ons wil hê dat ons lektuur die doel moet bereik waarvoor dit gemaak is, naamlik om opregte mense te help om meer omtrent Jehovah se wonderlike voornemens te leer. Net soos Jesus nie oorskietkos vermors het nadat hy die skares wonderdadig gevoed het nie, moet ons doel wees om die beste gebruik te maak van die kosbare Bybellektuur wat voorsien word (Joh. 6:11-13). Die lewensreddende boodskap in ons publikasies kan nie die harte van regverdiggesinde mense raak as dit op ons rak of in ons velddienssak bly nie. Ons moet dus redelik wees wanneer ons lektuur vir die bediening neem en dit wyslik gebruik tot voordeel van ander.—Fil. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel