Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 April
“Party mense glo dat ons toekoms deur die noodlot bepaal is, terwyl ander dink dat ons ons lot kies. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk na hierdie interessante woorde. [Lees Prediker 9:11.] Hierdie artikel bespreek die Bybel se antwoord op die vraag: ‘Word ons lewe voorbeskik?’” Vestig die aandag op die artikel op bladsy 26.
Ontwaak! April
“Baie huwelike loop op ’n egskeiding uit weens ontrouheid. Dink jy dat dit huwelike sal help om behoue te bly as egpare hierdie vers toepas? [Lees Matteus 5:28. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie artikel gebruik die Bybel om egpare te help om die strik van ontrouheid te vermy.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 28 begin.
Die Wagtoring 1 Mei
“Wat dink jy kan dit vir ’n mens moeilik maak om geloof in God te hê? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens hierdie vers is geloof belangrik. [Lees Hebreërs 11:6.] Hierdie tydskrif bespreek vier stappe wat ons kan doen om ons geloof te versterk.”
Ontwaak! Mei
“Al hoe meer mense misbruik vandag voorskrifmedisyne. Wat dink jy is die rede hiervoor? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel noem een groot bydraende faktor, veral vir kinders. [Lees Spreuke 13:20.] Hierdie tydskrif bespreek hoe jy jou en jou gesin teen dié algemene probleem kan beskerm.”