Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/09 bl. 2
  • ‘Hou julle in God se liefde’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hou julle in God se liefde’
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Brief van die Bestuursliggaam
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • ’n Brief van die Bestuursliggaam
    Hoe om in God se liefde te bly
  • “Dít is wat die liefde vir God beteken”
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • God se liefde bly vir ewig
    Hoe om in God se liefde te bly
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 1/09 bl. 2

‘Hou julle in God se liefde’

1. Met watter doel is ‘Hou julle in God se liefde’ uitgegee?

1 Hoe gretig sien ons tog daarna uit om van die week van 23 Februarie af die nuwe boek ‘Hou julle in God se liefde’ by die Gemeentelike Bybelstudie te bestudeer! Die brief wat die Bestuursliggaam aan alle liefhebbers van Jehovah gerig het, sluit af met hierdie woorde: “Dit is ons opregte wens dat hierdie publikasie jou sal help om aan te hou om die waarheid in jou lewe toe te pas, waardeur jy jou ‘in God se liefde [sal] hou . . . met die ewige lewe in die vooruitsig’.—Jud. 21.”

2. Met watter aspekte van die lewe sal hierdie nuwe boek ons help?

2 Wat om te verwag: Hoe is Bybelbeginsels van toepassing wanneer dit kom by dinge soos assosiasie, vermaak, respek vir gesag, persoonlike gewoontes, die huwelik, spraak en gebruike? Ons gewetens sal gevorm word volgens die verhewe standaarde van regverdigheid wat in God se Woord geopenbaar word (Ps. 19:7, 8). Wanneer ons ’n beter begrip van Jehovah se denke verkry, sal ’n begeerte om hom te behaag, ons beweeg om hom in alle aspekte van die lewe te gehoorsaam.—Spr. 27:11; 1 Joh. 5:3.

3. Waarom moet ons ons bes doen om aan elke week se les deel te neem?

3 Wees vasbeslote om ’n deelname te hê: Berei voor met die doel om God te midde van sy vergaderde volk te loof (Heb. 13:15). Die hele gemeente sal hierdie nuwe studiepublikasie saam bestudeer. Aangesien minder materiaal op ’n slag gedek sal word, sal ons almal deeglik kan voorberei, wat ons die selfvertroue sal gee om ander te vertel van wat ons geleer het. Ons goed voorbereide, kort antwoorde sal ander tot liefde en goeie werke aanspoor en sal bydra tot ’n lewendige, betekenisvolle bespreking van die materiaal (Heb. 10:24). Dit sal ook ons vreugde volkome maak as ons elkeen so aan ons geloof uiting gee.

4. Waarom is dit noodsaaklik dat ons Jehovah se gebooie bewaar?

4 Op Jesus se laaste aand as mens op aarde het hy getoon dat ons Jehovah se gebooie moet bewaar as ons in God se liefde wil bly (Joh. 15:10). Met die hulp van die ‘God se liefde’-boek sal ons meer vasbeslote as ooit tevore wees om Bybelbeginsels in ons daaglikse lewe toe te pas en om ‘ons in God se liefde te hou’.—Jud. 21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel