Rooster vir die week van 26 Januarie
WEEK WAT BEGIN MET 26 JANUARIE
□ Gemeentelike Bybelstudie:
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 17-20
Nr. 1: Genesis 17:1-17
Nr. 2: Waarom mense nie in staat is om ’n regverdige regering op te rig nie (rs-AF bl. 348 ¶2–bl. 349 ¶4)
Nr. 3: God het ’n naam (lr-AF hfst. 4)
□ Diensvergadering:
5 min: Plaaslike aankondigings.
10 min: Berei voor om Die Wagtoring van 1 Februarie en die Ontwaak! van Februarie aan te bied. Gehoorbespreking. Gee ’n kort oorsig van die tydskrifte, en vra die gehoor dan watter artikels moontlik by mense in die gebied byval sal vind en waarom. Gebruik party van hierdie artikels en nooi die gehoor om te sê watter vraag hulle sal gebruik om ’n gesprek te begin en watter teks in die artikel hulle sal lees voordat hulle die tydskrifte aanbied. Sluit af deur te demonstreer hoe elke tydskrif aangebied kan word met behulp van die voorgestelde aanbiedings op bladsy 4 of ander aanbiedings wat deur die gehoor voorgestel is.
20 min: “Weet jy wat jou opsies is?”a Moet deur ’n ouer man behartig word. Sluit af deur die laaste paragraaf te lees.
[Voetnoot]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.