Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/08 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Dra die verantwoordelikheid van gesinsorg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Ouers—Lei julle kinders op met liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 9/08 bl. 3

Vraebus

◼ Mag albei ouers die tyd rapporteer wat aan die gereelde gesinstudie bestee word?

Hoewel vaders die vernaamste verantwoordelikheid het om hulle kinders “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah” op te voed, het albei ouers ’n aandeel aan die opleiding van hulle kinders (Ef. 6:4). Die Bybel spoor kinders aan: “Luister, my seun, na die dissipline van jou vader, en moenie die wet van jou moeder verlaat nie” (Spr. 1:8). Een belangrike aspek van die opleiding wat ouers gee, is die gesinsbybelstudie.

In die verlede het net die ouer wat ’n gesinstudie met ongedoopte kinders gehou het, die tyd gerapporteer, al was albei ouers betrokke by die bespreking. Maar dit verander nou. As albei ouers die kinders gedurende die gesinstudie onderrig, kan albei ’n maksimum van een uur per week as velddiens tel. Oor die algemeen bestee ouers natuurlik baie meer as een uur per week aan die onderrigting van hulle kinders. Die opleiding van kinders vereis voortdurend inspanning van albei ouers (Deut. 6:6-9). Maar die maandelikse velddiensrapport moet hoofsaaklik aandui wat in die veld gedoen is. Daarom word niks meer as ’n uur per week getel nie, al duur die studie langer as ’n uur, word dit meer as een keer per week gehou of word aparte studies met die kinders gehou. Net een ouer moet die gesinsbybelstudie rapporteer, asook ’n maksimum van een herbesoek vir elke week wat die studie gehou is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel