Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/08 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2008
Ons Koninkryksbediening—2008
km 9/08 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Wat leer die Bybel werklik? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. As daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word.

◼ Aangesien November vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2009-Gedenkmaalseisoen sal gedurende die week van 20 April 2009 gehou word. Die onderwerp van die toespraak sal later aangekondig word. In gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week gehou word. Die spesiale toespraak moenie voor 20 April in enige gemeente gehou word nie.

◼ Die presiderende opsiener moet asseblief die gemeente se rekeninge vir Junie, Julie en Augustus so gou as moontlik ná die einde van Augustus na die takkantoor stuur. Dit sal nie nodig wees om die rekeninge eers te ouditeer voordat dit gestuur word nie. Al die bankstate moet ingesluit word. Merk dit vir die aandag van Accounting Office—PBO Registration.

◼ Die 2009-jaarteks sal outomaties aan gemeentes gestuur word. Maar nuwe gemeentes wat ná 1 September gestig is, sal dit moet aanvra. Die 2009-jaarteks sal beskikbaar wees in Afrikaans, Engels, Kwangali, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Gemeentes moet die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2009 vertoon.

◼ Die takkantoor ontvang soms Literature Request-vorms (S-14) en Magazine Request-vorms (M-202) sonder die gemeente se naam en nommer daarop, wat dit onmoontlik maak om die aanvraag te verwerk. Ons wil julle graag daaraan herinner dat die sekretaris hierdie besonderhede sorgvuldig moet nagaan voordat hy die vorm teken en instuur.

◼ Die produksie van Require—On Compact Disc (cdrq) in Afrikaans, Sepedi, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu is gekanselleer. Enige aanvrae wat gemeentes reeds ingestuur het, sal dus gekanselleer word. Maar ons het ’n aantal van hierdie CD’s in Suid-Sotho, en julle kan dit gerus aanvra.

◼ Om blinde en gesigsgestremde verkondigers en belangstellendes te help wat elektroniese braillenotaboeke of rekenaars met skermlesers gebruik, word elektroniese lêers van Die Wagtoring wat in braille oorgeskryf is, vir persoonlike gebruik beskikbaar gestel. Beskikbare lêers bevat onder andere die uitgawes vir die publiek en studie-uitgawes van Die Wagtoring in graad 2-braille, of verkorte braille, in Engels, asook studie-uitgawes van Die Wagtoring in graad 1-braille, of onverkorte braille, in Frans en Spaans. Die lêers sal per e-pos gestuur word aan diegene wat dit aanvra. Persone wat graag die Braillelêers van Die Wagtoring wil ontvang, moet die gemeentelike sekretaris vra om ’n brief te stuur aan Jehovah se Getuies van Suid-Afrika, Lektuurafdeling, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740. Die brief moet die persoon se naam en woonadres bevat, asook die naam van of die soort elektroniese toestel wat hy gebruik, sy e-posadres en of hy Engelse, Franse of Spaanse Braille lees. As hy nie e-pos kan ontvang nie, moet hy die e-posadres verstrek van iemand wat die lêers kan ontvang en na hom toe kan aanstuur.

◼ Ons het ’n aantal Vereis-brosjures (rq) in voorraad en wil gemeentes dus aanmoedig om dit aan te vra sodat ons gedurende die ontoegekendegebied-kampanje goeie gebruik daarvan kan maak.

◼ Die oudio-opname van Lewe met Jehovah se dag in gedagte is beskikbaar in Engels en Portugees in MP3- en M4B-formaat op die webwerf www.jw.org. Diegene wat ’n iPod gebruik, kan die M4B-opsie (AAC) kies, wat ook die prente van elke hoofstuk insluit. Die MP3-opname sal nie op ’n gewone CD beskikbaar wees nie. Dit kan net van die webwerf www.jw.org afgelaai word. Al betaal die organisasie vir elke keer dat iets afgelaai word, is hierdie verspreidingsmetode ekonomieser as om CD’s te vervaardig en te versend.

◼ Nuwe CD’s beskikbaar:

Lewe met Jehovah se dag in gedagte (cdjd)—Engels, Portugees

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel