Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/08 bl. 4
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 6/08 bl. 4

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Die Wagtoring 1 Jun.

“Dink jy dat alle godsdienste vir God aanneemlik is? [Wag vir ’n antwoord.] Dit is interessant hoe God gereageer het toe eertydse Israel die godsdiensgebruike van die nasies om hulle aangeneem het. [Lees Esegiël 6:6.] Hierdie artikel beantwoord die vraag: ‘Maak dit saak hoe ons God aanbid?’” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 9 begin.

Ontwaak! Jun.

“Jy sal ongetwyfeld saamstem dat die tienerjare vir tieners sowel as hulle ouers ’n baie moeilike tyd is. Dink jy dat die volgende raad ’n persoon sal help om ’n beter ouer te wees? [Lees Jakobus 1:19. Wag dan vir ’n antwoord.] Jy sal die praktiese, Bybelse raad in hierdie tydskrif geniet.”

Die Wagtoring 1 Jul.

“Ons almal staan die een of ander tyd ’n geliefde aan die dood af, wat ’n pynlike ondervinding is. Dink jy dat die Bybel op sulke tye kan help? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 55:22.] Hierdie tydskrif bespreek praktiese raad in die Bybel wat ’n mens kan help om dit te verduur.”

Ontwaak! Jul.

“Getroude mense ondervind al hoe meer druk, en baie huwelike loop op ’n egskeiding uit. Dink jy dat hierdie raad kan bydra tot sukses in die huwelik? [Lees Spreuke 12:18. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek ander Bybelbeginsels wat getroude mense kan help om hulle verhouding te versterk.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel